advertisement
Question
Posted by: carla | 2006/07/22

beperkte kosse

weens mediese redes moet ek 'n paar maande die vlg kosse vermy: alle suiwel, koring, eiers, vis, grondboontjies.
in mayonaise kom eiers voor, brood het eiers, botter en meelblom
het koring in, beskuit kry karringmelk, eiers, botter in, het jy nie
asb resepte soos vir brood, beskuit ens wat ek kan eet nie, koekies het ook koring in, dit lyk of ek net vleis rys en aartappels moet eet, klink lekker maar ek raak moeg daarvan

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Carla
As jy so baie voedsels moet uitsluit dan bly daar net ongeprosesseerde voedsels oor wat jy self voorberei, soos vleis (daar is darem bietjie variasie want jy kan seker bees-, vark, skaap- en hoendervleis eet), rys en alle rys produkte wat geen eier of koring bevat, alle groente en vrugte (baie variasie in hierdie groep!) en grane soos mielies, Maltabella (van sorghum gemaak), mieliegruis, en alle peulgroente (mits jy nie daarvoor ook allergies is nie). Dus met bietjie vindingryk sal jy wel lekker kan eet. Onthou tog om 'n kalsiumaanvulling soos Calcium Sandoz of Caltrate te drink as jy alle melk en suiwel moet uitsny.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement