advertisement
Question
Posted by: Bang Jan | 2007/06/19

Bang vir amper alles

HELP asb. Ek weet nie wat fout is met my nie. Ek kan amper niks geniet nie want ek is bang vir alles. Ek is 29 jaar oud en het n wonderlike man en n pragtige dogtertjie van vier en is n tuis bly ma. Ek wil nie he dat my vrese n inpak om my dogtertjie se lewe he nie. Ek was laas week by die winkel met haar en ewe skielik het ek my ore toegeslaan en ek het benoud op my bors gevoel en gevoel dat ek nie asem kon kry nie, en het sommer duiselig gevoel. Ek moes onmiddelik uit die winkel en dadelik ry. Ek kry ook die hele tyd gedagtes dat daar iets vreesliks met my gaan gebeur en kry letterlik beelde in my kop dat ek n beroerte of iets in die winkel gaan kry en kan in my kop sien hoe dit gaan gebeur. Ons sukkel al vir twee jaar om swanger te raak en vandag na lang praatjies met die dr, het hy besluit dat dit goed sal wees om kunsmatige insiminasie te doen. Vandag is dit toe nou gedoen en nou is ek weer bang dat daar iets fout sal wees met die baba, dat dit n duiwel of so iets sal wees aangesien dit nie direk uit my man uit gekom het nie. ASB ek is seker dat ek mal is. Hoe kan ek niks geniet nie en bang wees vir alles. Ek wil nou ook nie die progestoroon gebruik wat die dr voorgeskryf het nie, want ek het gelees dat dit dalk bloedklonte kan veroorsaak en is sommer nou ook al byvoorbaart bang vir die geboorte. Ai hoe wens ek dat ek normaal kon wees. Ek kan bv ook nie vlieg nie want ek kry paniek aanvalle. Wil glad nie ver ry of op vakansie gaan nie want se nou maar iets gebeur met my en dan is ek nie naby iemand wat my kan help nie. Is selfs bang om kerk toe te gaan, al is ek n gelowige maar is bang dat daar dalk demone in my is en dat ek dan op die vloer sal rondkruip en snaakse dinge met my sal gebeur. Ag asb help my ek wil ook so graag normaal wees. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink

COuldn't this be an Anxiety Disorder, in which one feels anxious ( even when there's nothing around to fear ) and excessively afraid of many different things, perhaps some in particular ? The episode in the shop sounds like a panic attack, also a form of anxiety, when your body's alarm system goes off inappropriately.
One thing is clear, and that is that you are definitey not Mal. It would be wise to see a good local psychiatrist for a proper assessment, but if as it sounds, you are suffering from an anxiety disorder, this responds very well indeed to treatment, perhaps with medication and with CBT counselling. And lifting the anxiety disorder might in fact enhance your fertility, and of course would make the whole process less scary and bothersome for you. You CAN be "normal".

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Snoekie | 2007/06/20

Onthou : vrees kom nie van die Here af nie.

Dis die Satan wat elke keer vir jou wil bang maak, want as jy eers bang is, dan kan hy so maklik jou gedagtes beheer.

Moenie ingee aan die vrees en gedagtes nie, vul jou gedagtes met die Here se woord en sy liefde.

Reply to Snoekie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement