advertisement
Question
Posted by: alta | 2007/06/19

bang toypom

My toypom tefie is 14 maande oud. Sy is baie klein, liefdevol en pragtig. Ons het 2 tefies van dieselfde ouderdom alhoewel hulle nie uit dieselfde werpsel is nie. Hulle is onafskeidbaar. Ons was met verlof en die een hondjie was saam. Dit was die eerste keer wat sy kar gery het, die eerste keer wat sy 'n nekbandjie gedra het en dit het goed gegaan.Sy was mal oor die aandag en die strand. Toe ons terug kom was sy eers bietjie jaloers op die ander hondjie. Maar nou gaan dit weer goed.
Maar die probleem het toe begin dat haar hare in bolle begin verloor het. Dit was baie erg.
Sy het ook vreeslik begin gewerasies kry sodra sy in die kar gesit word of as die lyfbandjie uitgehaal word. Nou sit ons die lyfbandjie nie meer aan nie en sy ry ook nie kar nie.
Toe kom ons ook agter dat sodra ek wasgoed stryk gaan kruip sy weg,dit is nou al so dat sodra jy jou klere hanteer om aan of uit te trek gaan sy antbewe. Sy loer rond en kannie wag om weg te kom nie.
Wat sou dit alles veroorsaak het?
Ons is baie lief vir die 2 hondjies. Hulle is altyd by ons en slaap soms op die bed. Hulle is pragtig.
Wat kan ons doen om die ou kleintjie kalmer te maak want om vaste hou en te praat en te kalmeer help nie? die ander een het gladnie 'n probleem nie.
Is daar medikasie wat u kan aanbeveel? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberVet

U kan Rescue remedy probeer maar 'n mens moet verkieslik die oorsaak van die angs bepaal en uitskakel. Dit is dalk noding om u veearts se hulp te kry en ook moontlik iemand wat met diere gedrag werksaam is.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: WR | 2007/06/19

Hi Alta.

Die groot probleem is dat jy/julle deur julle reaksie op haar gedrag, onwetend haar gedrag vererger.
In die vervolg, ignoreer haar bewerasies ens, roep haar eerder na jou toe met 'n stukkie vleis of watookal haar geliefkoosde treat is - maar moenie 'n 'scene' maak nie - nog beter - stap eenvoudig uit die vertrek uit, en roep haar saam - maar moenie aan haar raak, optel of iets in daai lyn nie. Sodra sy dan weer gekalmeer het - kan jy haar weer aandag gee.
Daar is medikasie wat jy kan gee - maar die naam het my nou ontgaan - ek is seker van die ander forum-lede sal dit vir jou gee - of bel jou Veearts en vra sy raad ook!

Dit sal 'n rukkie vat, maar jy moet konsekwent wees. Sorg dat almal in die gesin jou voorbeeld volg - dis al hoe jy die gedrag sal kan verander.

Sterkte!

Reply to WR

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement