advertisement
Question
Posted by: Morne | 2004/01/06

Baie dankie dokter, maar ek het nog n paar vrae!

Hallo Dr. Tanya. Baie baie dankie vir U respons op my vorige vraag oor my saadballe. Ek moet se, dit voel vandag baie beter. Baie dankie vir U positiewe houding teenoor my vraag!!! Ek waardeer dit opreg!!! Ek glo nie dit is nodig om die Uroloog te raadpleeg nie, maar sal sien of dit weer terugkom of erger word. Ek het nog n baie belangrike vraag om aan U te vra. Ek het van kleins af al n probleem gehad met my voorvel op my penis. Ek kon nooit die vel heeltemal oor my penis trek nie. My pa het my onlangs bevraagteken daaroor en aan my gese dat hy my moet vra want dit is sy plig as pa. Ek het toe vir hom die waarheid vertel. Ons was die 2 de Desember 2003 na die Uroloog gewees, Dr. Naresh Parbhoo, en hy het alles ondersoek en my vel heeltemal oorgetrek gekry, alhoewel dit n bietjie baie eina was. Hy het aan my gese om dit elke keer as ek bad oor te trek en te was, en die salf aan te sit wat hy vir my gegee het, want ek het n infeksie ook. Ek het dit gedoen totdat my salf op was, maar dit het glad nie die infeksie genees nie. Hy het ook vir my n "Surface Anaesthetics" gegee om die penis te verdoof sodat ek daar kan was, maar dit het net mooi NIKS verdoof nie! Ek het net water oor my penis laat loop as ek gebad het, terwyl die vel teruggetrek is, aangesien dit so seer was om daaraan te raak. Die infeksie is nou nog nie weg nie, en hy het gese hy wil my weer in Januarie sien dan behoort alles reg te wees, en die vel behoort gerek te wees. Ek doen dit nie meer as ek bad nie, want dit is SO SEER!!! Die infeksie wil nie genees nie. Hy het gese dat n sirkumsisie nie nodig is nie. Ek is bang om nou weer terug te gaan, want ek is bang om rede niks verbeter het nie, dat hy n sirkumsisie sal aanbeveel, waarvoor ek GLAD NIE gereed is nie. Wat moet ek doen om daardie infeksie weg te kry voordat ek terugkeer na Dr. Parbhoo? Ek wil graag na hom toe gaan en hom wys dat alles reg gekom het. Moet ek dalk terug gaan en vra vir ander antibiotika om die infeksie weg te neem?! Die gaatjie van my penis is ook rooi rondom. Asseblief dokter, advies asseblief, so n sensitiewe penis is BAIE onaangenaam!!! Ek het op n ander webwerf gelees dat my simptome dalk na n infeksie of virus "Balanitis" kan verwys! Jammer vir die langdradige brief. BAIE DANKIE VIR DOKTER SE ONDERSTEUNING!!! Groete, Morne :-( P.S. Ek is BAIE bang om enige operasie of hospitale behandeling te kry, want ek het n BAIE slegte ondervinding gehad toe ek klein was met Gastro! Chow!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageTeen expert

Hi Morne

Party mense is meer vatbaar vir infeksies as ander. Sommige meisies sukkel ook maar met infeksies en ander nie, by ouens is dit dieselfde. Jy sal definitief nog 'n voorskrif moet kry vir antibiotika om die infeksie te genees. Maar dit is ten alle tye nodig, dit wil se, elke keer as jy bad om die velletjie weg te trek en om die penis te was met seep en water. Moenie deoderant seep gebruik nie, gebruik iets soos aqua seep wat die ph neutraal is ander gaan jy sit met irritasies en infeksies. Jy sal nie vir 'n sirkumsisie hoef te gaan nie. Hou net die penis skoon en wikkel die velletjie sodat dit skoon bly dat jy infeksies kan vermy.

Good luck,
T

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: xxxxx | 2016/07/10

Dr Ek wil die Hele tyd urineer en brand vir lang tyd al reeds. 6mnde dit ryk nie lekker nie .Will nie na dokter toe nie is saam. Wat kan ek gebruik

Reply to xxxxx
Posted by: johan | 2016/01/17

More dokter,my vrou is swanger maar sy kla van haar niere wat pyn en so ook haar lae rug.sy wili eet nie en sy het n verskrukike moegheid in haar.en sy sukkel om te slaap.ek warry myself moeg oor haar.kan u meskien vir my se wat kan dir wees dar sy so voel asb.ek stres.baie dankie.

Reply to johan
Posted by: Morne | 2004/01/09

Baie baie dankie dokter, ek voel nou baie beter. U is rerig n GREAT perfeksionis! Hou aan met die goeie werk. Weereens baie dankie! Chow, Morne. :-)

Reply to Morne

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement