advertisement
Question
Posted by: Lizzy | 2003/02/25

Baba 9mnde - spastiese dikderm

My seun (amper 3), het geweldig gesukkel met hardlywigheid, hy't ook aanmekaar gehuil (soos 'n koliek baba) en nie langer as 30min op 'n slag geslaap nie. Tot op 18 mnde, toe 'n homopaat hom gediagnoseer het met 'n spastiese dikderm. Ek moes hom toe weg hou van enige kos met koring of suiker, en bees melk. Vandag kan hy gelukkig alles eet. Daarom het ek van dag een af vir my 2e baba Isomil gegee, en eers op min of meer 5 mnde begin pap (Purity Hipo-allergenic) voer. Binne 'n week nadat ek hom begin pap voer het, het hy dieselfde simptome as my ander seuntjie gehad. Na 2 weke van net Isomil drink, was hy weer normaal, met die magie wat elke oggend gaan. Ek het toe probeer om Purity no.1 baba kos te voer, soos patats, pampoen ens. Dieselfde simptome. En hy gril hom dood vir die kos. Toe los ek weer vir omtrent 'n maand.
Op hierdie stadium, soek hy regtig kos. Sy gewig en groei is nog steeds goed, maar jy kan duidelik sien hy wil ook eet. Hy gril nog steeds vir sagte kos en pap, maar eet bv. maalvleis, roer eiers en brood. Die probleem is, sodra hy iets eet, hou sy maag op werk, of hy is baie hardlywig. Hy slaap ook meer onrustig, en sukkel met winde. As ek hom dan weer vir 'n week of wat net melk gee, is hy weer reg.
Het jy asseblief raad.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Lizzy
Aangesien jou seuntjie allergies/sensitief vir sekere kosse mag wees (en nie aan 'n spastiese dikderm mag ly nie!), wil ek graag voorstel dat jy 'n kliniese dieetkundige raadpleeg (skakel (012) 998-5650 (soggens)). Dit is uiters belangrik dat jou seuntjie die regte dieet inneem en dat sy hardlywigheid uitgesorteer word. Dit is regtig die moeite werd om 'n dieetkundige oor albei kinders te raadpleeg - jy sal nie spyt wees nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement