advertisement
Question
Posted by: Ilse | 2004/02/17

ATLETIEK - DIEëT

My dogter is 'n atleet wat tot dusver hierdie seisoen goed gevaar het. Ek vind dat sy baie stresvol is voor 'n byeenkoms en nie veel wil eet nie. Die byeenkomste is ook redelik opmekaar, soms twee 'n week. My vraag is, wat kan sy eet voor en tydens 'n byeenkoms wat haar net daardie ekstra energie en krag kan gee en wat ook vullend is, aangesien sy nie 'n eetlus het. Sy is baie fiks, maar ek kan sien dat sy nie meer die energiebolletjie is wat sy was aan die begin van die seisoen nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Ilse
Dit is belangrik dat atlete koolhidrate met 'n hoe glisemiese indeks (GI) voor, tydens en onmiddellik na strawwe inspanning moet eet, om dit energie-reserwes van die liggaam aan te vul. Daar is baie produkte beskikbaar soos energiestafies, en energiedranke soos Energade, Powerade of Lucozade. Sy moet liefs hierdie produkte toets tydens gewone oefensessies om te sien watter akkordeer die beste met haar. Sy sal dan hierdie produkte kan gebruik wanneer sy deelneem. Dit is ook belangrik dat haar dieet baie koolhidrate met 'n lae GI bevat om die energiebronne van haar liggaam aan te vul tussen byeenkomste. Die stres speel ook 'n belangrike rol en sy moet ontspanningsoefeninge probeer doen en sorg dat sy genoeg slaap inkry.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement