advertisement
Question
Posted by: Thea | 2005/12/01

ARTHRITIS?

Ek is 36 jaar oud en begin dink dat ek nou regtig oud word. Aan my ma se kant van die familie is al die vrouens vol pyne. Ouma het 'n "blomkool" knie as gevolg van artritis; Ma het knobbel vingers en pyne regoor haar lyf. My ma het al heelwat toetse laat doen en nog geen dokter kon vir haar se of sy artritis, rumatiek, fibromialgia het of nie. Volgens haar laaste dokter, is die moontlikheid dat sy fibromialgia het, groot. Ek word self nou al hoe erger. Ek onthou dat ek as laerskool kind nooit gekruisde bene kon sit nie, aangesien ek styf en pynlik gevoel het in my heupe en kniee. Ook kan ek glad nie koue of nat weer hanteer nie. Om kaalvoet te loop, veroorsaak ook erge pyn in my voete. Kan nie eens in 'n swembad klim sonder om daardie nag om te huil van pyn nie. Toe ek baie jonger was, was die pyn gesentraliseerd in die gewrigte self, maar nou voel dit al asof die pyn "skuif", bv pyn in enkels en kniee en nou ook in die been tussen enkel en knie. Dit is partymaal ook so erg dat ek geen krag in veral my vingers het nie. Kan hulle dan ook nie toemaak nie. Dit is moeite om bv 'n koppie koffie op te tel. Ek is ook baie keer styf. Ek ry bv ongeveer 'n uur lank van en na die werk, en as ek by die huis kom, is ek styf in die heuparea en beweeg moeilik. Ek het al soveel rate gehoor en is te bang om sommer enige pille te koop en te begin drink (Procydin, Vascafem, Magnesium, Appelasyn). Het ook nie geld om alles uit te toets nie. Het nog minder geld vir een toets op die ander. Wat kan dit moontlik wees en hoe behandel ek dit?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Beste Thea,
Jy het defnitief simptome van gewrigsiekte. Ek sou voorstel dat jy by 'n RHEUMATOLOOG uitkom - daar is privaat praktyk dokters en ook sulke dokters by die akademiese hospitale. Hoe gouer hoe beter, voor die gewrigte permanent beskadig word en jy met knobbel vingers sit! Die "oor die toonbank" pille is nie die ideale plan vir jou nie, jy is nog jonk en moet jou gewrigte mooi oppas. Hulle sal bloedtoetse doen om die oorsaak te bepaal, x/strale neem en jou dan op die regte behandeling sit.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement