advertisement
Question
Posted by: Miemie | 2004/10/23

Arms wat lam word

Goeie dag,

Die navraag is vir my man. Hy is 40 jaar oud, is 'n roker en nie oorgewig nie.

In die afgelope 2 weke het albei my man se arms dood/lam geword, soveel dat hy nie eers iets kom optel nie. Dit was na 'n uur of twee weer reg alhoewel daar nog 'n ligte lam gevoel was.

Vandag terwyl hy bestuur het, het hy so hoofpyn begin kry, dat hy duislig geword het en van die pad moes aftrek.

Ons het albei baie groot geskrik, aangesien nie een van ons twee sieklike mense is nie. Ons albei was regtig jare laas by 'n dokter.
Dink u dat dit dalk 'n ernstige probleem is. Ek verstaan dat daar eers toetse gedoen moet word om seker te maak, maar ons wil nie graag die bobejaan agter die berg gaan haal as dit dalk net ietse klein en simpel is wat ons nie aan gedink het nie.

Omdat ons nie regtig mediese kostes het, behalwe die kopseerpille en hoestropies nou en dan, het ons nie 'n mediese fonds nie.

Ons probeer ook al 4 jaar om swanger te word, maar niks gebeur nie. Ek is 31 jaar oud en is 15kg oorgewig.

Ons dreig al lankal om medies uit te neem sodat ons vrugbaarheidstoetse kan doen om swanger te word, en nou dat
hierdie goed met my man gebeur, wil ons so gou moontlik medies uitneem, maar ons weet nie eers waar om te begin nie.

Hier en daar is plekke wat onvrugbaarheidstoetse betaal, maar gladnie vir die behandeling sal betaal nie. Is daar enige raad wat u het, want dit kan dalk net ietsie kleins wees. Ons soek asb goeie raad oor mediese fondse wat albei my en my man se probleem sal dek teen 'n bilikke tarief. Dit klink seker baie voorbarig om my brood aan albei kante gebotter te wil hê, maar dis darm baie geld wat hulle deesdae vra vir 'n mediese fonds.

Ek weet dit is sommer 'n mondvol vrae, maar ek sal dit baie wardeer as ons kan help.

Baie dankie,
Miemie Vorster

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Miemie, ek weet niks van mediese fondse af nie – ek werk nie daarmee nie. Die beste sal wees om jou makelaar te sê wat julle vereistes is en dit dan aan hom oor te laat om vir julle 3-5 van die bestes uit te soek. Jy en jou man sal dan moet besluit watter een julle die beste sal pas.
Die lam arms kan as gevolg van ‘n nek probleem wees, maar dit mag ook as gevolg van iets erger en meer sinistêr wees. Die beste sal wees om solank julle dokter te sien en ‘n paar toetse te laat doen om seker te maak dis nie iets gevaarliks nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement