advertisement
Question
Posted by: Cornel | 2008/01/30

Aritmie en hart

Hi Doc Bets.

Hoop Doc het sover 'n heerlike week gehad :)

Doc, ek sukkel. Ek het so 3 weke gelede begin Aerobics/Steps doen en ondervind dat my bene lam raak, so asof my spiere nie lekker wil werk nie! Selfs as ek by die werk loop (loop dieselfde roete nou al vir 7 maande, elke werksdag) voel my bene lam. Ek was maar altyd aktief (Taebo, Health walker) en kan hierdie lam gevoel nie verstaan nie.

Ek sukkel ook nog met hartkloppings, vinnige hart en onreëlmatigheid (aritmie). Ek drink nie enige medikasie daarvoor nie. EP het gesê dis iets waarmee ek dalk sal moet saam leef en GP het nou die dag net voorskrif vir 10 Sotacor gegee en dit het ek nou al gebruik.

Ek kry ook somtyds, uit die bloute, 'n ongemaklike gevoel oor my bors en 'n pyn in my rug (hoog tussen die blaaie) met 'n naarheid, wat vanself na 'n ruk weggaan, maak nie saak hoe ek my lyf draai nie, dit skiet nie. Die branderigheid tussen my borste is ook nog nou en dan daar.

Ek begin bekommerd raak oor moontlikheid van Angina? (het familie cholestorol 6,9) en my ma het Ischemiese hartsiekte.

Wat my net laat wonder: terwyl ek oefen kan ek regtig nie kla van bors-ongemak of pyn nie, net die bene wat lam voel.

Jammer vir die laaaaaang tirade, maar maak iets vir Doc sin?

Ek sien die Kardioloog eers 7 Maart. Nie 'n manier dat ek vroeer kan inkom nie, want hy is vol bespreek en sien pasiente net op nood as hy hulle kan opneem en dit wil ek nie doen nie.

Baie dankie vir die liefde en geduld waarmee U al ons posts antwoord :)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Cornel
Angina gee vir jou duidelike verband met oefening en is gewoonlik ‘n drukkende of brandende pyn oor die hart wat na die kakebeen of arm versprei en weggaan met rus. Hulle sal ook die EKG veranderinge kan optel wanneer jy ‘n stress ekg doen. Die lam gevoel in die spiere kan dalk wees omdat jy nie genoeg suurstof in die bloed het nie ( gaan jou pols buitengewoon hoog as jy oefen?)
Vra ook die kardioloog om jou elektroliete te “check” as jy dit lanklaas gedoen het – is dalk lae kalsium of kalium of magnesium?
Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement