advertisement
Question
Posted by: ale | 2004/11/02

apendisektomie

Ek het 1 Oktober 2004 die operasie gehad. Ek voel baie goed maar ek het nog seer op die geopereerde area. Ek het die horisontale snit op my buik naby die haarlyn van omtrent 5 cm.
Die dokter het gesê daar het 'n hematoom onder die vel gevorm aangesien ek baie maer is - hy het toe so iets soos sif in die wond gesit wat na 2 maande oplos.

Is dit normaal om nog seer te hê?
Wanneer kan ek weer begin om my 3 jarige seuntjie op te tel?
Kan ek normaal voortgaan met al my daaglikse aktiwiteite - ek bestuur reeds weer vanaf week 3.
Kan die sny in die binnekant nog steeds losgaan en die van die spiere? Kan daar 'n breuk vorm as ek normaal voort gaan gaan?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Ale, dit kan tot 6 weke na die operasie nog redelik ongemaklik wees.
Jy kan maar jou seuntjie optel en jou normale aktiwiteite hervet na 6 weke.
Die wond is aan die binnekant geheg met onoplosbare steke en behoort dus nie oop te gaan nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement