advertisement
Question
Posted by: John | 2003/03/22

Anus bloeding

Daar is (as deel van 'n "tradisie" by 'n sekere klub) 'n besemstok (nie baie diep) in my anus ingedruk, einde Oktober 2002. Van toe af bloei dit elke keer as ek toilet toe gaan vir 'n stoelgang. Soms bloei dit baie, en ander kere weer minder. Dit is ook seer aan die begin van die stoelgang.

Hoe kan dit opgelos word SONDER OM 'N DOKTER TE GAAN SIEN?

Help ASB

Groete
John

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

John, dit klink asof daar ‘n anale skeur is. Elke keer wanneer jy stoelgang passeer skeur dit weer oop en so word genesing verhoed. Die probleem is dat die wondjie septies kan raak en dit kan tot baie ernstige en selfs fatale komplikasies lei. Die beste sal wees om ‘n dokter te gaan sien. Ek weet jy is skaam, maar glo my ek het al baie erger dinge gesien en ek sal jou nie veroordeel nie. Mense met avontuurlustige seksuele praktyke kom baie erger dinge oor en op die ou einde hoef jy nie jou dokter te vertel wat die oorsaak was nie.
As jy regtig nie wil gaan nie, kan jy die volgende probeer. Vir ten minste tien dae moet jy een Anusol® setpil 2 maal per dag per rektum insit en elke aand ‘n stoelgang versagter soos Duphalac Dry® drink. Jy moet genoeg drink om jou stoelgang sag te hou sonder om diarree te veroorsaak (gewoonlik 2-3 sakkies per aand). As dit nie binne twee weke opklaar nie, sal jy jou dokter moet gaan sien. As dit baie beter word sal dit ‘n goeie idee wees om vir ten minste nog ‘n maand jou stoelgang sag te hou (en so vêr as moontlik van die besemstok bende af weg te bly). Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement