advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/11/19

Antwoord...

Beste HeartDoc

Baie dankie vir die skrywe.

Ek het die hele storie weer met my pa bespreek. Hy het vir my gesê dat die kardioloog geen probleem kon optel op die stres EKG nie en dat die dokter gesê het dit is moontlik daardie toegaan by die hegting. Die dokter het ook vir my pa gesê dat hulle heel moontlik net ‘n stent sal moet insit, indien dit die probleem is. Die kanse vir verdere chirurgie het hy gesê is skraal.

Ek het al baie gewonder of die maag ulkusse nie die sondebok is nie. My pa het noudiedag op die bed gaan neerval omdat hy gesê het sy maag pyn verskriklik. Ek het ook al gehoor dat die ulkusse mens moeg kan maak.

Verder het ek my pa gevra of hy enigsins borspyn het. Hy het gesê dat hy nou en dan so ligte stekie kry en dat sy regter arm ook baie seer is, maar dit kan natuurlik weereens die nekprobleem wees wat hier die sondebok is.

My pa probeer kyk hoe vroeg hy vir ‘n angiogram kan gaan en hy moet eers by die medies uitvind of hulle vir nog so ‘n toets kan betaal, aangesien dit die tweede keer sal wees en ontsettend duur is om -|- ant te betaal. Ek hoop hulle sal dit kan dek, anders gaan dit beteken my pa kan eers hier by die 1ste/2de Januarie vir ‘n Angiogram gaan.

Na dokter se brief van gisteraand voel ek bietjie meer gerus en kalm. Ek glo vas dat die omleidings nie die sondebok hier is nie. Ek het net ‘n gevoel dat dit iets anders soos die maag ulkusse is wat ‘n rol kan speel, alhoewel dit dalk nie die hoof oorsaak is nie.

As ek dokter so kan vra, en ek weet dat dit bietjie van ‘n “tricky” vraag is, wat is die moontlikheid dat my pa binne die volgende maand ‘n hartaanval kan kry? Indien so iets weer gebeur en ons wel weer teenwoordig kan wees om bystand te bied, wat is die kanse dat die hospital my pa sal kan help om te lewe, indien hy betyds daar sou kom. Is daar ook enige gevaartekens behalwe die borspyn waarvoor uitgekyk moet word wat verskil as mens geblokte are het en as jy net ‘n aartjie het wat platgeval/toegesuig het?

Baie dankie vir dokter se goeie wense t.o.v. my eksamen. Ek skryf juis Maandag Biologie wat vir my een van die rofsste is – alles oor seldeling en sulke tipe snaakse goedjies.

Ek hoop van harte dat alles goed gaan met dokter daar in Kaapstad en baie sterkte vir die week wat voorlê.

Ek waardeer wat dokter vir my doen ontsettend baie en ek wil net weereens DANKIE  sê.

Groete tot volgende keer…
Morné

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive


Hallo Morne,

As die EKG reeds deur die kardioloog gedoen is, dan bly dar net die angiogram voor. Ek verstaan dat daar probleme mag wees by die mediese fonds, maar, as die kardioloog ‘n motiveeringsbrief na die fonds kan fax, sal hulle dit miskien goedkeur. Afhangend van wat die angiogram wys, sal dit miskien ‘n maklike ding wees om ‘n stent in te plaas, wat die vernouing weer ooprek en oophou. Of die aar geblok, platgeslaan of platgesuig word maak geen verskil aan die simptome – die “bottom line” bly dat die hartspier nie genoeg suurstof kry. Die spier kan nie die verskil tussen die oorsake uitken nie, so die simptome bly dieselfde – die pyn, moegheid ens.

Morne, sonder om die angiogram fotos te sien, is dit onmoomtilk vir enige dokter ‘n idée van die risiko te skets. Soos jy sê, mag sy pyn deur iets totaal anders veroorsaak word. Pa moet sy ulkusse ook lat nagaan : met die “triple therapy” wat deesdae toegepas word, sien ons amper nie meer ulkusse nie. Praat met sy dokter hieroor, hy sal weet waroor die triple therapy gaan. As Pa dit reeds gehad het, miskien moet hy nog ‘n kursus ondergaan. Daar is ook die moontlikheid dat Pa ‘n probleem mag hê met sy abdominale aorta, of een of ander derm-andoening. Die abdominale aorta kan ondesoek word tydens die angiogram, maar die buik-probleme sal deur ‘n internis of sy gastroenteroloog ondersoek moet word.

Sterkte met jou eksamen – ja,biologie kan erg wees. Die snaakse selletjies wat “multiply by dividing”. Is dit nou jou laaste eksamen vit die jaar?

Groete,

HeartDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement