advertisement
Question
Posted by: lize | 2004/10/30

Anti stres vir eksamen

Hi Dokter,

Eks tans 'n 2de jaar universitetis student. Ek's deesdae baie gestres voor vraestelle want die werk raak nou darem baie. Ek gebruik nou al sedert skooldae herbex nerve tonic, maar eks nie seker hoe effektief dit is nie. Is daar dalk enige ander middel wat dokter kan aanbeveel oor die toonbank of selfs of op voorskrif van my dokter wat my sal kalmeer maar nie sal sedeer nie?

Met my vorige vraestel was ek so gestres dat ek die aand voor die tyd vir 3 ure wakker gelê het en toe ook net 3 ure geslaap het. Ek het nog nooit vantevore slaapprobleme gehad nie. My apteker het vir my drie Dormicum 7.5mg pilletjies gegee vir my laaste 3drie vraestelle en gese ek kan maar een van die slaappilletjies drink as ek die aand voor die vraestel nie kan slaap nie.

Is dit veilig om 'n slaappil voor 'n vraestel te drink? want ek wil ook nie hê dat ek heeltemal deur die slaap moet wakker raak en nie aan die gang kan kom nie. Ek slaap gewoonlik so 5 of 6 ure die aand voor 'n vraestel en staan meestal so 5uur die oggend op om weer deur die werk te kyk.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Lize, jy kan ‘n slaappil drink voor ‘n vraestel as jy seker is dat dit jou nie ‘n “hangover” gee die volgende dag nie. ‘n Slaappil mag veroorsaak dat jy nie lekker kan konsentreer die volgende oggend nie en dus moet jy baie versigtig wees as jy ‘n eksamen vroeg in die oggend skryf. Dis daarom beter om liewers nie sterk stres pille of slaappille te neem nie en by die natuurlike middels te bly. As jy moet ‘n slaappil neem is dit waarskynlik beter om iets kortwerkend soos Stilnox te neem, maar ek sou niks neem nie. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement