advertisement
Question
Posted by: Morne | 2005/12/11

ANGIOGRAM RESULTATE

Hallo dokter.

Hoop alles gaan goed met dokter.

My pa het toe Donderdag die Angiogram gehad en die kardioloog sê dat die vier omlynde are 100% mooi oop is en dat hy baie gelukkig is. Die operasie was dus 'n baie groot sukses. Intussen het die Kardiotorakatale Chirurg sommer na my pa se bors kom kyk en het gesê dat my pa meer oefening moet doen. Hy het gesê my pa moet 'n vrywillige poging aanwend om fikser te word, so volgende jaar sleep ek my pa saam gym toe.

Die chirurg het aangedring daarop om bloedtoetse te doen. Die bloedtoetse wys dat niks fout is nie, en selfs ook nie met die skildklier nie, maar dat die bloedplaatjies wel laag is. Wat beteken dit, want die Kardioloog het gesê my pa moet dit dophou.

Dokter, ek is net ontsettend baie bly en dankbaar vir my pa en ek dank God dat alles so goed gegaan het. Hulle moet nou die probleem vir die moegheid op 'n ander plek soek. Die Chirurg en Kardioloog het gesê my pa se hartfunksie is ook uitstekend.

Hoop om gou van dokter te hoor.

Groetnis
Morne

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageArchive

Hallo Morne,

Dit is die beste nuus wat ek vandag gehoor het ! Se vir Pa ek is baie bly. Nou ja, julle gaan saam fiks word. Maar sorg asb net dat Pa dit stadig vat in die begin, dat hy nie sy spiere beseer , of sy hart oortas nie.

Plaatjies is net een van die drie hoof bloedseltipes – rooiselle, witselle en plaatjies is die drie soorte selle wat in die beenmurg vervaardig word. Die plaatjies speel ‘n rol in sekere tipe bloedstollings. Daar moet genoeg van die plaatjies wees, en hulle moet ook normaal kan werk. Hulle kan be-invloed word deur medikasie en sekere toestande. Pa sal gereeld moet gaan vir toetse om sy plaatjietelling te monitor. Die patoloe sal op hulle verslag sê wanneer die telling onder normaal is. As dit gebeur, moet julle dadelik julle dokter in kennis stel, en Pa sal by ‘n internis of hematoloog moet uitkom om die rede vir die daling te bepaal.

Intussen, hoop ek dat Pa versterk. Geniet die vakansie. Ek hoop jou eksamens het goed gegan.

HeartDoc.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement