advertisement
Question
Posted by: Marita | 2009/09/21

Allergiese reaksie

my dogter het die afgelope 3 maande 3 keer ' n hewige allergiese reaksie ontwikkel. Sy begin jeuk en binne minute is sy opgeswel en jeuk haar hele lyf. Soveel so dat ons sy haarself begin stukkend krap. Ons het haar elke keer na die dokter geneem en het hy haar ingespuit met adrenalien en kortisoon. Hy het ook kortisoon-pille en anti-histamien voorgeskryf. Die anti-histamien moet sy nou daagliks gebruik. Na so aanval slaap sy vir tot 3 dae baie meer as normaal en is sy uitgeput. Sy is 15 jaar oud, ' n baie fikse atleet. Die aanval gebeur op ongeveer dieselfde tyd van die maand. Die aanvalle was op die 8e en 9e van die maand. Ons het nou al rekord gehou van haar voedselinname, maar kan niks kry wat ooreenstem en die aanval begin nie. Twee keer het die aanval begin terwyl sy besig was om te oefen en die laaste een was terwyl sy in die klas was.Ons dokter het ons verwys na ' n internis. Ons kan hom eers in Oktober spreek. Enige idees wat dit mag wees of raad wat ons intussen kan volg? Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Marita
Kyk ook uit vir geur en kleurmiddels, asook iets soos waspoeier of versagter wat vir haar klere of linne gebruik word. Die slaperigheid kan dalk veroorsaak word deur die goed wat gespuit word vir erge allergiee (Aterax)

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement