advertisement
Question
Posted by: Magriet | 2005/11/18

Allergies vir eierwit & neute

My seuntjie van 9 maande is vir allergië getoets. Die uitslag was dat hy hoogs allergies is vir eierwit & neute.

Ek wil graag watter voedsel ek vir hom kan gee en watter nie? Kan ek vir hom Purity gee, indien ja, watter soort?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Magriet
Jy sal nou moet begin om elke etiket van elke kommersieel verwerkte voedsel te lees en almal wat 'Eiers, eierwit' of 'Neute - spoor van neute' bevat, uit te sny. Dit is 'n gekompliseerde proses en ek wil vir jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek sodat sy/hy vir jou kind 'n individuele dieet kan uitwerk (kyk na die Lys Dieetkundiges op hierdie Webwerf of skakel 082-593-0276, of stuur ‘n e-pos aan sscharf@nhcltd.com of kyk in jou plaaslike telefoongids of Geel Bladsye om ‘n dieetkundige in jou gebied te vind). In die tussentyd sal jy moet kyk op die etikette van die Purity houers en weereens enige produk wat eier bevat, vermy. Algemeen gesproke behoort die meeste Purity groente en vrugte produkte nie eier te bevat nie en dis hoogs onwaarskynlik dat hulle neute sal bevat.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement