advertisement
Question
Posted by: Cat | 2007/08/20

Allergiee

Goeie dag
Ek is allergies vir katte en het gewonder of daar enige iets is wat ek daaraan kan doen?
Die rede hoekom ek vra is, my man het ligte depressie en die dokter het aanbeveel dat hy 'n kat kry om te streel, want dit sal hom help ontspan en vergeet. Ek aan die anderkant is van kleintyd al allergies vir katte. As ek aan 'n kat vat dan begin ek nies, my oe raak opgeswel en my bors trek toe. Is daar enige tipe medisyne wat ek daarvoor sal kan neem of as ons 'n kat kry sal die allergie net later weggaan? Ek is glad nie allergies vir honde nie, maar ongelukkig kan ons nie 'n hond in ons woonstel aanhou nie.

Het nodig om te weet voor ons die besluit maak om 'n kat te kry.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe Cat
Jy kan die volgende doen:

Elke aand 'n antihistamien soos Zyrtec/Loratidien drink
kry 'n babakatjie en leer hom vroeg vroeg om te bad is normaal! - dit is die spoeg op die hare as hulle hulle was waarvoor mens allergies is en as jy hulle bad is hulle minder geneig om allergie te veroorsaak.
ek is ook allergies vir katte en het 2, maar vind ek is minder allergies vir my eie as vir "vreemde" katte so ek dink mens ontwikkel tog 'n toleransie. Mens moet ook net die regte tipe kat kry - nie alle katte is lovable nie - ek sou 'n burmees aanbeveel as julle kans sien vir die koste van 'n opregte kat.

Indien jy weet jy is erg allergies, moet julle dalk iets anders oorweeg - soos tropiese of goud vissies - hulle word net so mak en is kalmerend om na te kyk. Wit rotte is baie intelligent en dierbaar, as jy nie bang is vir knaagdiere nie. Mens kan hulle uit die hok haal en hanteer. Moet NET nie 2 kry nie want hulle teel aan teen die spoed van wit lig! 'n Mak kokketiel of love bird is ook baie liefdevol en kan ook hanteer word.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement