advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2007/04/08

Allergie of intolleransie

Hallo dokter. In verband met my vrae (kyk 1920). Ek was reeds by 'n fisioterapeut vir die seer spiere.

Vandat ek laas aan u geskryf het ivm allergie of intolleransie, het ek begin om celestamine te drink. Een van die vele bloedtoetse het aangedui dat ek 'n allergie het, maar die dokter het niks daaraan gedoen nie. Na 'n baie lang tyd van onverklaarbare misterieuse siekte, voel ek vir die eerste keer dat ek weer soos 'n MENS begin voel met die gebruik van celestamine. Nou weet ek nie wat om volgende te doen nie. Mens kan seker nie permanent die celestamine drink nie.

Op die stadium is u antwoord vir my uiters belangrik, omdat ek regtig begin dink het ek sal nou maar vir die res van my lewe net so moet aanploeter.

Baie dankie sover. (Terloops, kan 'n allergie wat miskien so lank ongediagnoseer en ongeidentifiseer is, veroorsaak dat mens met jou gewig begin sukkel nadat jy nooit 'n probleem daarmee gehad het nie en ook nie slegte eetgewoontes het nie)

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
Mens kry allergie bloedtoetse - maar daar is baie! Mees algemeenste allergiee is maar diere wat jy in die huis het, stuifmeel of blomme in jou omgewing en kosse - mens kan dalk begin toets vir goed soos koring of melk of sitrusvrugte - kyk maar wat eet jy baie. Jou GP sal dit kan aanvra of jou verwys na 'n allergie kliniek. Mens kan die celestamine nie te lank gebruik nie want dit het kortisoon in - maar probeer loratidien?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement