advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2007/04/06

Allergie of intoleransie?

Vir die afgelope jaar het sukkel ek met 'n probleem wat besig is om my mal te maak. Dit voel asof my hele abdomen inmekaar trek. Dit is so stywe gevoel oor my maag en rug en dit voel asof dit al die spiere saam inmekaar trek, tot die spiere in my bene en nek.. Ek het nie diaree of konstipasie nie. Al die bloedtoetse wat gedoen is wys geen tekorte. DIe enigste bloedtoets wat iets negatief gewys het, was dat ek 'n allergie het. Kan dit wees dat die allergie of intoleransie my dikderm permanent spasties laat voel?Ek het reeds graan en melkprodukte uitgesny vir 'n week. Ek het ook altyd 'n hoofpyn en voel naar. Ek weet nie meer watter kant toe nie.

Is die allergie toetse baie duur en kan ek net sekeres laat doen.?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
'n spastiese dikderm sal nie die spiere ook laat saamtrek nie. Ek wonder of jy nie 'n rugspasma kry wat 'n verwysde pyn na vorentoe en in jou bene af gee nie - het jy al dat 'n fisioterapeut jou evalueer? Voedsel allergiee sal jou diaree of 'n uitslag gee. Allergietoetse is nogal duur, hoor net eers wat 'n fisio sê?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement