advertisement
Question
Posted by: Sterr | 2007/11/27

Alkoholis ?

Hi Dr Bets,

Kan U vir my se wat die gevolge van te veel alkohol op n persoon se liggaam is.
My man is 40 jaar oud hy drink elke dag van sy lewe. Hy is omtrent 16H00 in die middag by die huis, dan begin hy drink. Teen die tyd dat ek by die hui kom omtrent 17H45 dan is al "ver heen". Die ergste van alles is dat hy bitter min eet. Hy se altyd in die aand hy is nie honger nie (want dan het hy al reeds te veel gedrink) so hy sal nie honger wees nie, en hy neem selde Lunch saam met hom werk toe, en wanneer ek wel lunch in pak vir hom kry ek dit n paar dae daarna iewers dan het hy dit nooit ge eet nie. Hy wil nie vir my luister as ek se dit vernietig sy liggaam nie, en hy se hy het ook nie n proleem nie. oor naweke sal hy al 09H00 in die oggend begin drink. Hy sal deur die loop van die dag voor die TV aan die slaap raak of "uitpass" en as hy wakker word dan drink hy maar net verder. In die week omtrent 19H00 dan is hy uit. (Jy kan hom nie eens wakker kry nie)
Ek is raadop met hom hy is maer ook weeg omtrent 70kg, hy eet nooit en gaan omtrent 5keer toilet toe op n dag, (sy Maag)

Ek het gedink as ek U raad vra en dit vir hom gee om te lees sal hy besef hy het n probleem. Wat ek nie kan verstaan nie is dat my broer n alkoholis was en is dood asgevolg daarvan (sy maag het gebars) en ek my man was by (Ons het skoon gemaak na dit gebeur het) hy weet wat kan gebeur maar hy se hy het nie n probleem nie. Ek het ook agter gekom die laaste 2 weke kom hy al vroeer by die huis. Ek is bang dit gaan sy werk ook begin affekteer.

Enige raad, asb

Groete Sterr

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Sterr

Jou man is ongelukkig reeds 'n alkoholis. Die "simptome" is:
1. wanneer iemand alleen of in die geheim drink
2. Blackouts kry
3. 'n drink ritueel (gewoonte) begin ontwikkel
4. ge-irriteerd raak as hy nie kan drink nie
5. geen stokperdjies of lekker aktiwiteite meer doen nie
6. Alkohol opgaar - in die kar, by die werk, by die huis
7. gulsig begin drink, dubbels bestel
8. probleme agv die drank by die werk, huis of met die wet optel

Gevolge in kort: geheueverlies/breinskade ( Wernicke se enkefelopatie), lewerversaking, vervrouliking ( ontwikkel borste, dun vel), abnormale bloeding, maagsere, vitamien tekorte.

die oorsaak is baie keer spanning of depressie - hulle drink om beter te voel en gebruik alkohol as "medisyne" - daar is egter veiliger middels as alkohol om te gebruik - jou dokter kan help daarmee.

Druk hierdie artikel uit vir hom om te lees: http://www.helpguide.org/mental/alcohol_abuse_alcoholism_signs_effects_treatment.htm

Sterkte! Dr Bets

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: THYS | 2015/07/19

Ja.DIS PRESIES EK>

Reply to THYS
Posted by: Anonymous | 2015/07/19

Dis presies ek.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2015/07/19

Dit is Presies ek.

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement