advertisement
Question
Posted by: kwaaitjie | 2007/02/28

Ag nee!

Ek het uitgevind dat ek insulien weerstandig is en het raad gekry om Antagolin te gebruik. Ek maak toe so en gebruik dit 4 pille per dag en 'n maand later het niks gebeur nie. Ek het my etes verander na 'n Mediteranian dieet en stap 5km per dag en sien niks gebeur nie. Is daar enige ander raad ek word dikker by die dag en die dokters sê net ek moet gewig verloor anders gaan ek 'n diabeet word!
Hulle het ook nie raad vir my nie behalwe dat ek moet minder eet en meer oefen - hel ek eet omtrent niks per dag nie!

HELP!!!!!!!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Kwaaitjie
Dit is duidelik dat die Antagolin nie vir jou werk, en dat die Mediterreense dieet ook nie 'n verskil aan jou insulienweerstand (IW) maak nie. Die aangewese dieet vir IW is 'n lae-GI-dieet en aangesien dit belangrik is dat elke pasiënt 'n individuele dieetvoorskrif moet bekom, wil ek jou aanraai om 'n kliniese dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in jou gebied te vind). Hou so aan met die stap, maar probeer om vinniger te stap soos jy fikser word - dit gebruik meer energie op, en verlaag ook bloedglukose- en insulienvlakke.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement