advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2003/01/25

Adenoom op Skildklier

My ma het 'n knop in haar nek gevoel, sukkel om te sluk ens. Sonar en x-strale dui op adenoom ongeveer so groot soos gholfbal op haar skildklier. Nog sulke goed is besig om te vorm. Verlaagde skildklierfunksies is gediagnoseer. Dit bevat lewendige selgroei. Wat is dit? Wat veroorsaak so iets? Hoe dringend moet dit verwyder word? Wat is die kanse op kwaadaardige gewas en kan dit verhoed word. Versprei sulke adenome? Ek kon geen adenoom vind onder skildklier nie op die lys wat verskaf is nie.
Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Bekommerd, ‘n tiroied adenoom is ‘n nie-kwaadaardige gewas van die skildklier. Dit sal nie versprei nie, maar kan nog steeds skade doen as gevolg van drukking op die omliggende weefsel.
Die oorsaak is sovêr ek weet, nie bekend nie. Die dringendheid vir verwydering hang natuurlik af van hoe groot die adenoom is en of dit al druk simptome veroorsaak. Laat maar weet as jy nog vrae het. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Cisca | 2016/07/02

Goeienaand my dogter het gewasse op om haar skildklier en bloedtoetse gedoen vir kwaardaardigheid maar bloed dui geen tekens sy het ook endometriose haar huisdokter wil haar behandel met natuurlike middels waar begin ek watse dikters raadpleeg ek vir n gevorderde ondersoek om haar te evalueer . Ginekiloog vir endimetriose en vir skildklier wat van endrokronoloog

Reply to Cisca
Posted by: Anonymous | 2015/01/18

Goeie dag! My ma sukkel vreeslik met haar skuldklier. Sy was al by die Dr. Hy se dat haar skuldklier besig is om haar te versmoor. Hy is vreeslik groot. Partdae sukkel sy om te kan eet of selfs vloeistof te drink. Kan hy kwaadaardig wees? Kan hy haar regtig versmoor?? Vra hulp asb?

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement