advertisement
Question
Posted by: BLOM | 2007/06/08

ADCO-RETIC WATERPIL

Hallo Doc

Is dit skadelik om elke dag 'n adco-retic waterpil te neem? Ek drin k dit omdat ek baie water terughou en toe ek onlangs 'n 64km staproete oor 5 dae gedoen het, was my onderbene en voete 2 - 3 keer hul normale grootte geswel. Ek het daarna die waterpil begin drink. As ek dit nie drink nie dan swel my hande sodat ek nie my trouringe kan afhaal nie. Ek het ook so geswel toe ek swanger was. Ek het 18 kg opgetel in my swangerskap en was na die geboorte 14kg ligter. Party mense sê ek jok vir hulle. Hoekom hou my liggaam soveel water terug en ek is bang om die waterpille te veel te drink, maar los ek dit voel ek opgeswel. Ek is 37 jaar oud en is weeg 74kg. Ek is 1.64m lank. Ek weet ek moet 'n paar kilos verloor, en het sopas by Weigh-Less aangesluit.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Blom
Ek is nogal bekommerd oor hierdie waterretensie waaraan jy ly. Het jy al 'n dokter gesien om uit te vind wat die oorsaak is? en het die dr vir jou die waterpil voorgeskryf? Indien jy die waterpil nie van 'n dr gekry het nie, wil ek jou aanmoedig om wel 'n dr te spreek, want erge waterretensie kan dui op onderliggende siektes. Ek is bly om te hoor dat jy by Weigh-Less aangesluit het en vertrou dat jy nou sal gewig verloor. Jou huidige BMI = 27,5, wat in die oorgewig reikwydte val. Om weer in die normale gewig klas te val, behoort jy 67 kg te weeg en om 'n ideale BMI van 22 te bereik, moet jy 59 kg weeg. Gewigsverlies en oefening sal help vir die waterretensie mits dit nie die gevolg is van 'n onderliggende siekte soos nierskade. Gaan sien dus asb die dr.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement