advertisement
Question
Posted by: Natasha | 2007/11/28

Abs Dieet - hulp met hoeveelheid.

Die Abs Dieet

Maandag:

Ontbyt - Shake
Snack - 2 tee lepels peanutbutter, rou groente
lunch - Toebroodjie van kalkoen of beesvleis op volgraanbrood, 1 koppie vetvrye melk en 1 appel.
snack - 30g Amandels, 1 en 'n half koppie bessies.
Aandete - Italiaanse Njam - Maalvleis, crackers, ui, knoffel, linseed, tamatiesous, volkoringbrood, lae vet kaas. Meng als saam en vorm frikkadelle, eet dit op die brood met bietjie kaas oor.
snack - Shake.

Dinsdag:

ontbyt - Heilsame eierbroodjie
snack - 2 tee lepels peanutbutter, 1 bakkie oats of high fiber.
lunch - Die ek-eet-nie-slaai-nie slaai. 60g hoender, slaai, tamatie, soetrissie, 3 eetlepels vetvrye italiaanse slaaisous, wortel, bietjie parmesaan en bietjie linseed.
snack - 3 snye kalkoen (dun) en 1 lemoen.
aandete - Brasilliaanse hoender. Hoenderborsies sonder vel met tamatiesous gaargemaak.
snack - 30g Amandels, 120g spanspek.

Woensdag:

ontbyt - Shake
snack - 30g Amandels, 30g rosyne.
lunch - Guac en tuna broodjie.halwe blik tuna, halwe koppie guacamole, tamatie, suurlemoensap, 1 eetlepel mayonaise lig, linseed, volkoringbroodjie.
snack - lae vet kaas blokkie en groente.
aandete - Steak.
snack - Shake.

Donderdag:

ontbyt - 1 sny volgraanbrood, 1 eetlepel peanutbutter, 1 lemoen, 1 koppie All Bran met 1 koppie fat free melk en 1 koppie bessies.
snack - 240ml laevet yogurt vanilla, sappie.
middagete - Blaamlose Kalkoentortilla. Kalkoenslaai op volgraantortilla.
snack - 3 snye beesvleis (dun), 1 lemoen.
aandete - Maklike smeltkaasbroodjie. Sny beesvleis, kaas, soetrissie, volgraanrolletjie.
snack - 2 teelepels peanutbutter, 1 koppie lae vet roomys.

Vrydag:

ontbyt - Shake.
snack - 30g Amandels, 120g Spanspek.
middagete - Warm tuna. Seldery, ui, lae vet kaas, low fat maaskaas, halwe blik tuna, volkoringbroodjie.
snack - 3 snye beesvleis, 1 lemoen.
aandete - Chilli con Kalkoen. Kalkoen met sweetcorn, bruinrys en linseed.
snack - Shake.

Saterdag:

ontbyt - Shake.
snack - 1 koppie high fibre en 1 koppie lae vet yogurt.
middagete - Chili con Kalkoen oorskiet.
snack - 2 teelepels peanutbutter en 1 of 2 snye volgraanbrood.
aandete - Eet wat jy wil !!! Kroek aand!!!
snack - Shake.

Sondag:

ontbyt - Beter as boeretroos broodjie.1 en half teelepel lae vet roomkaas, volkoring broodjie, 2 snye vleis, slaai.
snack - 2 teelepels peanutbutter, sappie
middagete - 2 eiers, 2 snye brood, 1 piesang, 1 koppie vetvry melk.
snack - 3 snye beesvleis, 1 sny lae vet kaas.
aandete - Worsgereg. Kalkoen of volstruiswors, ui, mushrooms, baked beans, vlootbone, tamatiesous, linseed en olyfolie.
snack - 30g Amandels, 1 koppie laevet roomys.

Is hierdie dieet vir mans of vrouens? Ek volg dit nou vir 2 weke en ek het net 1kg verloor!

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Natasha
Ek is self nie vertroud met hierdie Abs dieet nie. Ek dink dat die hoeveelhede wat gelys word, moontlik vir mans bedoel word. Aan die ander kant is dit nie onredelik om net 0,5 kg per week op 'n gebalanseerde verslankingsdieet te verloor nie. Meestal verloor verslankers wat nie fop-diëte gebruik nie, tussen 0,5 en 1 kg per week. Jy kan moontlik die porsies effens verlaag en een van die versnaperings per dag uitlaat, om te sien of dit jou gewigsverlies 'n hupstoot sal gee. Probeer tog ook om elke dag aërobiese oefening ( flink stap, fietsry, swem, touspring of by 'n gimnasium aansluit) vir 30 minute of langer te doen en jy sal wel gewig verloor.
Groete
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Natasha | 2007/12/06

DietDoc en Kloekie, baie dankie vir julle raad en hulp!

Reply to Natasha
Posted by: kloekie | 2007/12/02

Hi Natasha
Die Abs dieet se in die boek dat vroue ook al gewig verloor het op die eetplan. Ek het ook. Sien die sukses stories onder aan die bladsye.
Ek het wel ondervind toe ek dit laasjaar begin doen het dat ek vinniger gewig verloor het as ek die laaste snack in die aand uitlos en bietjie kardio doen, maar nie eers so baie kardio nie want ek hou nie so baie daarvan nie. Doen wat vir jou lekker is, ek stap met my hond, speel tennis en net waarvoor ek lus is, maar probeer elke dag iets doen, al dink jy dis min. Maar soos David in die boek se is weights baie belangrik, ek weet nie of doen jy dit nie, maar lees net weer al die voordele wat dit vir jou inhou in die boek. Die oefenprogam vir die weights is vinnig(omtrent 30 min) en net so intens soos jy kies om te dit maak. Jy sal 'n groot verskil sien as jy weights doen!! I.vm die porsie grootte, eet in die oomblik, eet stadig en wees in harmonie met jou lyf om te voel wanneer jy vol is. Geniet jou kos, want die Abs dieet is nie regtig 'n dieet nie, dis 'n leefstyl en die kos is lekker! So as jy vol is, stop, al se die boek jy moet meer eet,want dit is meer spesifiek vir mans. Daar is 'n Abs dieet spesifiek vir vroue, maar dis nogal skaars, ek dink jy sal dit op kalahari kan kry of by 'n boekwinkel kan bestel. Maar hou vol, jy gaan op hierdie manier gewig verloor, en jy hou dit sonder moeite af! Dit gaan partykeer stadig, maar dit is die moeite werd, al is dit net omdat jy so goed voel as jy so eet. Konsentreer op langtermyn lewenstyl en nie te veel op vinnig gewig verloor nie, want sodra jy ophou stres en net ontspan en net so eet omdat dit goed is vir jou ,en ophou om jouself te veel te weeg, sal die gewig afval. Hou ons op hoogte van hoe dit gaan. Hoop dit help.

Reply to kloekie

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement