advertisement
Question
Posted by: Alie | 2005/07/28

abnormale hitte en HRT

Ek is ‘n 56 jarige vrou en eintlik baie gesond maat het net een groot bekommernis.

Kortliks my mediese geskiedenis:
Ongeveer 20 jaar gelede ‘n histerektomie, maar het steeds albei eierstokke.
Sept 1998 is my hele skildklier verwyder (‘n knoppie aan my regterlob – Medulere CA). Het bestralingspil gesluk en was in afsondering vir 2 dae. Dit gaan uitstekend goed. Ek gebruik Eltroxin 1.5mg per dag. Ek gaan elke jaar vir sklidklier toets sowel ‘n kalsitonien toets wat weggestuur word. Ek is ook ongeveer 8jaar al op hormoonvervanging (Estrofem). Ek het ‘n lumpektomie ondergaan vir ‘n benigne letsel in die linker mamma. Toe ek vir my jaarlkse mammogram gaan vind hulle ‘n gelobuleerde sagteweefsel massa net regs voor die tepel (‘n klein fibro-adenoom met ‘n benigne voorkoms. )

My bekommernis is die gebruik van hormoonvervanging en die gevaar wat dit inhou vir my borstoestand. Ek sou die hormoonpil baie graag wou los maar ek kry verskriklike warmgloede al is die weer koud. Ek het die pil vir 3 maande gelos maar die warmgloede het my oorweldig. Ek het selfs die natuurlike hormoonpil (Menoforte – ek is nie seker oor die naam nie) probeer, maar die gloede was steeds daar. Ek gebruik die hormoonpil nou vir 3 dae aanmekaar en skip die 4e dag vanwee my vrees dat dit nadelig is vir my bors. My algemene ligaamshitte is baie hoog al gebruik ek die HRT gereeld is die hitte steeds verskriklik. Die warmgloede is beter maar my hele lyf is pemanent warm en die ongemak en frustrasie is uitputtend. Ek kan ‘n trui aantrek maar moet dit binne 5 minute weer uittrek. Ek slaap ook met somernagklere in die winter. Kan die oorsaak van die hitte dalk die afwesigheid van ‘n sklidklier wees? In die somer het ek permanent ‘n nat handdoek om my nek, want dis al wat help. Dis asof my liggaam nie my temperatuur behoorlik reguleer nie. Ek gaan jaarliks vir ‘n papsmeer en algehele bloedtoetse van oor ‘n R1000. Ek kyk na myself en gaan stap elke oggend vir 30 min.

My GP se dat my hormone lyk reg op grond van my bloedtoetse en dat my sklidklier niks daarmee uittemaak het nie. Moet ek dalk eerder na ‘n ginekoloog toe gaan? Gee asb raad want ek is al so mismoedig vir almal wat se dat die hitte abnormaal is, maar dis my realiteit en dit maak my lewe baie ongemaklik. Ek weet nie wat om te doen om die probleem op te los nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Alie, daar is geen wet wat s¨º dat jy nie die Estrofem® elke tweede dag kan drink nie. Het jou dokter ¡®n TSH, T4 en T3 gedoen? Dit mag wees dat al drie vlakke nodig is om die werklik prentjie te skets. Laat weet as ¡®n nuwe vraag my en dan neem ons dit van daar, maar die maklikste sal waarskynlik wees om ¡®n internis te sien en dieuitgesorteer te kry. Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement