advertisement
Question
Posted by: Yana | 2004/11/05

Abliopie

Hello Dokter!

My man is 31 jaar oud. Gedurende Oktober 2004 het hy begin kla van skielike swak visie in sy regteroog. Ons het nou al 2 oftamoloë genader vir toetse. Albei het gekwalifiseer dat dit 'n geval van ambliopie is.

Is dit moontlik dat hy nou eers op sy ouderdom kon agterkom dat hy aan ambliopie ly? My man het nog nooit van te vore enigsins gekla van swak visie nie.

Ek sal dit opreg waardeer indien u vir my so spoedig moontlik hierop kan antwoord.

Vriendelike groete,

Mev Slabbert
Bloemfontein

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Yana, ambliopie is ‘n verswakking in visie sonder ‘n organiese oorsaak. Dit mag as gevolg van ‘n toksien soos alkohol, rook, lood, metanol, ens. wees. Medikasie soos chlooramfenikol, digitalis en etambutol mag dit ook veroorsaak. Dit word ook soms geassosieer met wanvoeding en skeelheid. Mens moet maar net anhou soek tot mens ‘n oorsaak vind (begin dus deur seker te maak al bg. oorsake is uitgesluit). Sterkte.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Yana | 2004/11/10

Hello Dokter,

Baie dankie vir u terugvoer!

Die een onsekerheid waarmee ons nog steeds sit is die vraag of dit wel moontlik is dat ambliopie op 31 jarige ouderdom eers na vore kan kom.

Kan u moontlik asb. vir my hierop antwoord.

Baie dankie!

Reply to Yana

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement