advertisement
Question
Posted by: Runner | 2007/03/13

Aanvullings na strawe oefening

Hi
Ek is 'n 50 jarige man wat aan ultra marathonne deelneem. My beenspiere word geweldig seer en styf na redelike oefening en ek kan dan vir 2 tot 3 dae nie oefen nie. Is daar iets wat ek kan gebruik om dit te voorkom wat nie skadelik is nie. Wat kan ek gebruik om my performance te verbeter. Verder word ek baie naar terwyl ek hardloop. Om en by 25 km. Ek eet iets ligs voor ek deelneem en neem ook water in tydens die wedloop. Waarna moet ek oplet.

Groete

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageSports Nutrition

Hi Runner

Naarheid is gewoonlik n indikasie dat die lewer ongelukkig is. Maak seker dat jy niks wat vetterig is eet voor deelname nie. Eet liewers groot vlokkie oats geweek in water met vrugte daarby – wees maar versigtig vir melkprodukte indien jy sensitief daarvoor is.
Die naarheid kan ook n aanduiding wees dat jy liggaam swaar kry omdat jy nie koolhidrate aanvul terwyl jy hardloop nie.

Volg die volgende riglyne om jou prestasie te verbeter:
• Drink 400-800 ml water per uur tydens die wedloop asook 20 mmol/l Natrium per uur.
• Eet 50-60g koolhidrate per uur tydens die wedloop.
• “Carbo load” 3 dae voor die wedloop deur 8-10g koolhidrate/ kg liggaamsmassa per dag te eet. Verdeel die inname in 6 maaltye.
• Verminder die vessel in jou dieet 24 hours voor die wedloop.
• Eet iets 2-3 ure voor die wedloop – hoe GI koolhidrate en laag in vet. As jy nie kan eet voor die wedloop nie, maak seker dat jy punt 2 volg.
• Begin die wedloop goed gehidreer deur n 250 – 500 ml koolhidraat-elektroliet drankie onmiddellik voor die wedloop te drink.
• Eet baie hoe GI koolhidrate na die wedloop om die glikogeen store weer vol te maak. Voeg ook op n bietjie proteine by en eet souterige kosse om die natrium te vervang.

Die beste herstelproduk in my opinie is EAS’s Muscle Armor. Dit verminder melksuur ophooping, het vinniger spierherstel tot gevolg, verminder spier afbreking en ondersteun die immune sisteem. Dit sal beslis jou prestasie verbeter – maak net seker dat jy nie ondervoed is in terme van jou dieet nie, want dit sal jou liggaam laat sukkel om te herstel. Kyk ook na die hoeveelheid en tiepe vette wat jou dieet insluit. Dalk kom toksiese stowwe los uit jou vetstore met energie voorsiening tydens die hardlpoop wat naarheid veroorsaak – dit gebeur veral wanneer jy nie genoeg koolhidrate beskikbaar stel vir die hoeveelheid energie wat jou liggaam nodig het nie.

Sterkte!
Vanessa

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement