advertisement
Question
Posted by: Raadop | 2006/11/06

aanhoudend urienweginfeksie

Ek het die afgelope half jaar omtrent 4 of 5 maal infeksie van die urienweg of blaas gehad, waarvoor ek antibiotika kry.Dis mos nie normaal om so baie infeksie te kry nie? Kan u ook vir my presies beduie waar ek pyn behoort te voel as daar fout is met die niere?Ek dink ek mag dit dalk verwar met dikdermprobleme, aangesien ek 'n spastiese kolon het.Ek kan die pyn beskryf as omtrent in die helfte van my rug en lae rug en ook in my regtersy.Ek kan bv nie gemaklik sit vir 'n lang ruk nie. Help asb.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Raadop
As mens 4-5 keer per jaar infeksie kry in die urienwee - moet bevestig wees met urinetoets of laboratorium toets, moet jy 'n uroloog sien vir 'n scope - daar moet erens iets fout wees binnekant. Nierpyn is gewoonlik waar jou vingers is agter as jy hande in die sye staan, en kan gepaard gaan met koors en naarheid en hoofpyn en urine wat brand of sleg ruik.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

2
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2015/10/22

Hi julle, ek sukkel ook met urineweginfeksie en antibiotika is weer vir my voorgeskryf. Die keer is anders as my vorige keer.. Ek is naar, kry koud, geen eetlus, dit brand by my vrouedele en my lae rug is baie seer. Voel ook sonder energie. is dit normaal? Wat stel julle voor?

Reply to Anonymous
Posted by: Raadop | 2006/11/06

Ek het vergeet om te vra. As mens probleme met blaas of niere het, is dit moontlik dat ek pyn in my bene kan voel en ook naalde en spelde in my voete. Ek was so 2 jaar gelede opgeneem in hospitaal vir my bloeddruk wat net skielik die hoogte ingeskiet het.Geen bloeddrukpille het gehelp nie, totdat 'n waterpil aan my voorgeskryf is. Ek het nie normaalweg hoe bloeddruk nie. Dink u dit het als te doen met nier of blaasprobleme?






Reply to Raadop

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement