advertisement
Question
Posted by: FRUSTATED | 2007/06/19

AAND TYE

Liewe dok, gee asb tog raad. Dit gaan baie goed deur die dag met my etery. Ek het my ontbyt so 10.00uur en 1uur my middagete - gesonde toebroodjie. En dan snack ek op vrugte. Maar kom ek by die huis en begin kosmaak dan proe ek hier en daar en dan skep ek vir my uit. En dan later so by 9:00 is ek so lus ek kan my self nie inhou nie.Dan eet ek chips en provitas. En ek kan tog nie daai tyd 'n hele 500ml water uitsuip nie want dan is ek die heelnag op om te gaan urineer. Ag sê tog vir my wat kan ek doen met die cravings. Ek het voorheen relislim 4uur in die middag gedrink dan is my eetlus weg tot in met 9uur maar ek wil my self nie weer tot pille wend nie. Asb gee raad. Oor die algemeen eet ek gesond.
Dankie vir die raad.

Lekker dag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Frustrated
Sulke eetgiere word gewoonlik veroorsaak as jy of te min energie inneem vir jou behoeftes al is jy op 'n verslankingsdieet, of te min koolhidrate eet. Koolhidrate verhoog 'n chemiese stof, nl. serotonien in die brein en dit help om eetgiere te beheer. Jy kan 'n gebalanseerde, lae-vet, hoë-vesel-dieet probeer wat al die voedselgroepe insluit (kliek op 'Diet' en 'Weight loss' en 'The Right Approach en 'Slimming Diet' vir 'n voorbeeld daarvan) en dit kombineer met daaglikse aërobiese oefening vir 30 min of langer (stap, hardloop, swem (verwarmde swembad nou!), ry fiets, spring tou, sluit aan by 'n gimnasium of Walk for Life), as jy wil gewig verloor. Hierdie soort dieet wat baie vesel en koolhidrate bevat, behoort die eetgiere in toom te hou. Moenie weer dieetpille gebruik nie, want baie van hulle kan verslawing veroorsaak en dit is nie 'n aangename paadjie om te volg nie.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement