advertisement
Question
Posted by: J | 2015/02/22

Yster aanvulling

Ek is 20 jaar oud en was konstant moeg gewees. Na bloedtoetse het die dokter gesê dat my yster en vitamien B12 vlakke laag is. Ek het 'n inspuiting gekry vir die vitamien B12 tekort. Ek het ook begin om 'n ysteraanvulling te gebruik. Ek het egter 'n harde maag en pyn op die maag gekry as gevolg van die aanvulling. Ek het verskeie ander produkte probeer, maar die resultaat was dieselfde - harde maag en konstante pyn op die maag. Kan u asseblief 'n aanvulling aanbeveel wat nie dieselfde gevolg sal hê nie? Of miskien ander plan van aksie om die ystervlakke op te kry?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageVitamin Expert
- 2015/02/23

Goeiedag,
Yster aanvullings is wel bekend daarvoor dat hul hardlywigheid kan veroorsaak. Dit is bloot die effek van die chemiese samestelling van die yster soute wat gebruik word in die produk. Die risiko vir hierdie newe effek is baie kleiner indien die yster tablet gecheleer is, in Engels "chelated". Chela-Fer is 'n goeie opsie vir 'n aanvulling van yster, aangesien dit gecheleerde yster is. 
Intussen is dit ook goed om daarop te let om gereeld water te drink, aangesien dehidrasie die grootste oorsaak is van hardlywigheid. So, tydens die gebruik van yster aanvullings is dit wys om baie water te drink.
Vriendelike groete,
Andrea du Plessis

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement