advertisement
Question
Posted by: Corne Tomlinson | 2015/02/23

What tissue BLUE TISSUE SALTS to use for what?

More, Ek wil graag uitvind watter weefselsoute, hoeveel van elk en hoeveel keer per dag ek en my dogtertjie vir ons kwale kan neem. Vir my self (Ek was op Nuzak en toe Wellbutrin en nou af van antidepresante): 1) Depressie; 2) Moegheid; 3) Sirkulasie, 4) Lae bloeddruk; 5) Konsentrasie; 6) Hardlywigheid; 7) Gewigs verlies. Vir my dogtertjie van 5 jaar oud: 1) Gemoeds toestand – Ek en my skei op die oomblik; 2) Konsentrasie; 3) Hardlywigheid en sukkel met bollie in broekkie. Dankie by-voorbaat Vriendelike groete Corne Tomlinson 021 943 5528 of 071 6063308

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageVitamin Expert
- 2015/02/24

Beste Corne, 

Ek wil u graag help, maar as ek kyk na die kondisies waaroor u navrae doen vir uself en u dogter, moet ek u aanbeveel om eers u dokter te spreek. As 'n dieetkundige is ek beslis positief gesind teenoor natuurlike middels, maar my mediese agtergrond maak my ook bewus van die gevare met die gebruik van die verkeerde middel, of nog erger, om 'n ernstige kondisie onbehandeld te laat. Depressie is iets wat 'n kliniese evaluering benodig, en veral met u voormalige gebruik van anti-depressante is dit noodsaaklik dat u eers u dokter gaan spreek. 

Met moegheid en uitputting is dit die beste om uit te vind waarom mens so energie-loos voel. Soms is daar 'n maklike verduideliking, soos te min slaap, spanning, of verhoogde fisiese aktiwiteit. Maar, dit mag ook 'n simptoom van 'n siektetoestand wees.

Indien dit nie vir jou duidelik is wat die oorsaak is nie, stel ek graag voor dat jy eers jou bloeddruk laat toets. Lae bloeddruk is bekend daarvoor dat dit mens se energie vlakke laag laat voel. Indien jou bloeddruk laag is, beveel ek graag aan Vital Vitacharge multivitamien, aangesien dit, buiten die vitamiene en minerale, 'n sterk dosis ginseng bevat wat mens se energie vlakke kan help herstel. (product info: http://www.vital.co.za/shop/condition-specific/vitacharge/)

Indien jou bloeddruk normaal is, beveel ek dan liewer aan Vital Gold, ook 'n baie goeie multivitamien. (product info http://www.vital.co.za/shop/multivitamins/gold/)

Dan, indien jou bloeddruk normaal is, mag dit steeds moontlik wees dat jou lae energie verband hou met jou yster vlakke. Dit sal goed wees om dit te laat toets, omdat lae yster vlakke mens ook moeg kan laat voel - vir lae yster vlakke beveel ons aan Vital Iron Complex.

Indien die oorsaak van buitengewone moegheid steeds nie duidelik is nie, is ‘n ondersoek deur jou dokter die volgende stap. Sterkte, laat weet gerus hoe dit gaan. (product info: http://www.vital.co.za/shop/minerals/iron-complex/ )

Ek besef ek het nie u vraag direk beantwoord met 'n lys van weefselsoute nie, maar wil graag dat u eers u dokter spreek en die nodige toetse laat doen.

Laat weet gerus wat die dokter se opinie en diagnose is.

Sterkte en vriendelike groete, 

Andrea du Plessis

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement