advertisement
Question
Posted by: Elmari Fourie | 2018/01/15

Weird hoofpyn, duisligheid en naarheid. Spasmas in nek en skouers

Goeie dag. Eks vreeslik bekomerd. My simptome is baie erg in die oggend. Eks duislig en baie naar. My hoofpyn is aan die voorste deel bo-op my kop en verby die slape en oe. Dis asof lig dit vererger. Ek het al my gp gesien en hulle het vir my ysterpille gegee wat ek vir 6 maande lank gedrink het en dit het glad nie verbeter nie. Eks is n diabeet en my suiker is onder beheer. Wat my bekommerd maak is dat my ma aan breinkanker oorlede is. Ek raak ook al hoe meer vergeetagtig, raak moody, sukkel om te slap en my eetlus neem baie af (geen gewigsverlies) en my hare val baie uit. Kan u my asb raad gee

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert
- 2018/01/16

Beste Elmari,

Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek deur deskundiges laat doen om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer. Dit klink vir my asof die ergste probleem die nekspiere is, maar ek kan nie seker wees sonder on jou te ondersoek nie.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.theheadacheclinic.net

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 011 484 0933 (Johannesburg, Kaapstad).

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement