advertisement
Question
Posted by: | 2018/05/24

Voorbehoed pil en antibiotika

Middag Dr. Ek gebruik tans Yasmin voorbehoed pil, ek het Maandagaand begin met 'n kursus Macropen 500mg antibiotika. Ek het die apteker gevra of dit teen my pil gaan werk en die antwoord was nee. Van gister af is my maag bietjie omgekrap, ek lees toe die pamphlet want dalk is dit die antibiotika, en sien toe dat die antibiotika wel die effektiewiteit van die voorbehoed pil beinvloed. Hoe lank na die tyd moet mens nog ekstra voorbehoeding gebruik? Ek sal saterdagmiddag die laaste antibiotika pil drink. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2018/06/04

Hi

Ja, dit is vir my vreemd dat die apteker dit gese het, want antibiotika het definitief n invloed op die pil. Ek stel voor dat jy ten minste twee weke na die kursus antibiotika klaar gemaak het ekstra voorbehoeding gebruik. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement