advertisement
Question
Posted by: | 2015/02/19

Vitamien K2

More, ek het onlangs artikels gelees wat bevestig dat Vitamien K2 baie belangrik is vir gesonde hart en bene. Ek gebruik Vitamien D2 en lees ook dat dit dan eintlik noodsaaklik is om Vitamien K2 ook te neem. Dit is veral goed om die aanplaksel in die are te voorkom? Is daar enige nadele met die gebruik van Vitamien K2. Ek gebruik wel ander vitamiene maar geen medikasie nie. Wel af en toe Concor 5mg as ek af en toe bietjie hartkloppings kry. Wat is die nadele van die gebruik van Vitamien K2. Ek lees ook dit het te doen met die "clotting" van die bloed. Ek wil nie vir myself probleme veroorsaak nie. Sal dit waardeer as u vir my bietjie meer inligting kan gee. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageVitamin Expert
- 2015/02/23

Goeiedag,

Vitamien K is beslis die mees komplekse vitamien as dit kom by aanbevelings. Juis omdat dit mens se bloedstolling affekteer is dit die beste om u dokter te spreek vir aanbevelings, omdat verkeerde gebruik risiko dra.
In ons dieet is vitamien K beskikbaar in spinasie, aspersies, pruimedante, avokado en brokkolie, onder andere. In die natuurlike vorm uit mens se dieet is dit veilig om in te neem en realisties om voldoende hoeveelhede in te kry. 
Ek hoop hierdie help. 
Vriendelike groete,
Andrea du Plessis

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement