advertisement
Question
Posted by: | 2020/06/11

Uitslag onder arms

Goeie môre Dr. Ek het eendag met verskillende materiale gewerk. Die aand toe ek gaan stort het ek onder my arm n irretasie gehad en daar gekrap. Volgende oggend was die rooi strepie daar soos ek my gekrap het en die aand was daar so drie puisie uitslag maar baie effens. So het dit erg begin jeuk. Ek het Bactroban aangesmeer sonder resultate. Al wat ek kon kry is Cevorex. Dit aangesmeer en gee verligting vir die jeuk en voel dan beter vir so twee dae dan begin dit weer jeuk. Die gejeuk is baie erg. Die plekkie is omtrent so groot soos n een rand stuk. Ek weet nie of materiaal iets daarmee te doen het nie. Ek is te versigtig om deoderant te gebruik want ek is bang dit brand die plek. Versigtig om dr toe te gaan met die Carona virus aangesien ek pensionaris is. Gee asseblief raad. Baie dankie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2020/06/23

Hi daar

Bedoel jy verskillende materiale soos chemiese middels, of materiaal soos 'lap'? Ek dink ook nie die materiaal het iets daarmee te doen nie, dit klink soos n swaminfeksie van die vel - soms noem hul dit ook 'ringworm', maar dit het niks te doen moet wurms nie. Jy kan by die apteek n salfie soos mylocort kry en kyk of dit dalk help, maar indien dit nie binne n week ten minste begin beter raak nie, dan moet jy dalk dokter toe gaan. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement