Our expert says:
Headache expert - 2019/01/18
Beste Anon,
Daar is altyd 'n rede vir die pyn. As die neuroloog nie die probleem kon bepaal nie, dan beteken dit dat dit nie 'n neurologiese probleem is nie - dit beteken beslis nie dat jy "physically 100% is nie".
Dit is belangrik dat u n mediese ondersoek deur deskundiges
laat doen om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn.
Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As
daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om
te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit
te doen is die beste benadering n “multidisiplinere”
een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe
dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die
tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters,
en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.
Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as
gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van
U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.theheadacheclinic.net
Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The
Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die
Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te
raadpleeg, bel asseblief 011 484 0933 (Johannesburg, Kaapstad).
The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal
advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.