advertisement
Question
Posted by: Charlotte | 2019/10/16

Post linker hemikolektomie en TAH

Beste Dr van Deventer, ek is 57jr oud, TAH gehad in my dertigs sowel as beide eierstokke is verwyder, ek gebruik geen HVT, kan dit bydra tot my algehele styfheid en pyne in gewrigte asook haarverlies. My chroniese medikasie is onder andere vir hipertensie, GORD en statins vir cholesterol. My 2de vraag - Okt 2013 het ek n nood linker hemikolektomie gehad, ek sukkel met diarree, abdominale pyn, ook in my kolon en naarheid wat kom en gaan, wat my onderkry is my totale gebrek aan energie, ek slaap sleg, gaan moeg bed toe en staan gedaan op...enige raad? Ek is vrekbang om spesialis te gaan sien....netnou moet ek weer deur dieselfde trouma gaan, weet nie of ek daarvoor kans sien en ek moet my mediese bureau besigheid ten alle koste aan die gang hou, enige advies vir my? Ek het ook chroniese oor pyn nadat ek gediagnoseer is met pulsatile tinnitus....heeldag n geraas in my oor...ek hoor my hartklop en polsslag 24/7. Dankie dat dokter bostaande lees, enige raad word waardeer. Groete, Charlotte

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2019/10/21

Hi Charlotte
Dit is nie lekker om heeltyd so moeg te wees nie. Ervaar jy baie stres en spanning (dit klink so, omdat jy praat van jou besigheid ten alle koste aan die gang te hou)? Ons lewenstyl veroorsaak meeste van ons siektes, ek is seker jy weet dit, so jy sal moet kyk na jouself en die mate van stres wat jy ervaar, ek moes dit ook leer in my eie lewe. Ek weet dit is nie moontlik om nou als te los en om n eiland te gaan bly nie (of dalk is dit?), maar maak tyd vir jouself en maak tyd om te rus - jy klink vir my op die rand van uitbrand. Ek sal ook voorstel dat jy jou Vit B, Vit D en skildklier vlakke laat toets. En ja, die feit dat jy geen HVT gebruik nie, kan bydra tot jou simptome. Dit is n oorweging, maar ek sou dit eers bespreek met jou ginekoloog. Groete en baie sterkte, ek hoop jy voel gou beter. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Charlotte | 2019/10/21

Dankie vir die terugvoer dokter, ek sal die nodige toetse laat doen, intussen het ek besluit om vir so paar dae te rus na maandeinde...en dan sal ek sekerlik moet kyk om balans te kry tussen werk en persoonlike tyd. Dokter is korrek, eiland lewe is my nognie beskore maar sal beter na myself moet begin omsien. My werk was nog altyd my prioriteit en soos dokter weet is inge hier 'buite' maar treurig. Sterkte en baie dankie vir u tyd.

Reply to Charlotte

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement