advertisement
Question
Posted by: | 2020/06/23

Osteopenia

Goeiedag Thereza Ek lees op 'n onlangse xtrale verslag van my hand dat "there is a degree of periarticular osteopenia". My ortopeet het niks daaroor vir my gese nie. Is dit iets waaroor ek nou al bekommerd moet wees of na moet laat kyk? Ek het al 'n geruime tyd osteoartritis in verskeie "joints". Kan medikasie soos Pantor mens se beengesondheid beinvloed? Ek gebruik dit al 'n twee/drie jaar vir GERD. Ek is vroulik en amper 45 jaar oud. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHealthy Bones
- 2020/07/09

Hello daar

Die peri-artikulêre beenverlies is heel moontlik maar toe te skryf aan die inflammatoriese proses in die gewrigte agv die artritis. Dit beteken nie noodwendig dat jy wydverspreide beenverlies in die hele skelet het nie.
Pantor is 'n PPI wat die gastriese suurvlakke onderdruk. As jy op 'n kalsiumsupplement is mag dit moontlik die absorpsie daarvan belemmer omdat jy maagsuur nodig het om veral kalsiumkarbonaatsupplemente te absorbeer.
Kalsiumsitraatsupplemente is dan 'n beter opsie, of sorg dat jy ten minste 1000mg kalsium/dag in jou dieet inneem.
jy kan ons webwerf www.osteoporosis.org.za besoek vir meer inligting oor kalsium en vit D of vir ons kontak by 0861102265.
Hoop dit help?

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement