advertisement
Question
Posted by: Moedeloos | 2019/09/17

Nagsweet, jeuk, lyfpyn, moegheid

Goeie dag Ek het raad nodig asseblief ek sukkel al lank met nagsweet, maar my dokter maak dit af as niks nie. Ek is 'n 36 jarige vrou, is op Serdep 100mg. Ek het begin gewig verloor, sonder om minder te eet of te oefen. Ek word elke nag wakker van sweet wat teen my afrol, of my bene wat pyn. Deur die dag jeuk ek vreeslik en my lyf is seer en dit voel of ek dae laas geslaap het. Ek drink ook vreeslik baie water in die aand en dit voel later my maag wil bars maar ek kry nie die dors geles nie, ek sukkel ook met 'n spastiese dikderm en my maag blaas sommer vir niks op nie, dan is dit so seer, maar die laaste twee weke as my maag kramp moet ek vinnig by die badkamer uitkom. Ek het ook 'n iets wat lyk soos 'n vergroeisel op my regter knieg, en dit kan vreeslik jeuk. Ek is 36 maar voel soos 'n vrou van 90, het soveel pyne en skete weet nie meer wat om met myself te doen nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2019/09/18

Hi daar
Jy moet definitief ondersoek word vir die simptome wat jy ervaar, veral die nagsweet, moegheid, en gewigverlies. Indien die dokter dit nie ernstig opneem nie sal ek voorstel dat jy vir n tweede opinie gaan. Die simptome kan verwant wees aan baie hoe vlakke van stres, maar n mens sal moet seker maak dat dit niks anders is nie, soos byvoorbeeld TB, hormone, of skildklier, onder andere. Baie sterkte en ek hoop dat jy gou beter voel. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement