advertisement
Question
Posted by: Christell Boshoff | 2019/08/22

My dogter hou niks van my nie

My hart is geweldig baie seer. Ek is 50 jaar oud en my dogter is 25. Ek is al sowat 5 jaar geskei, maar was voor dit sowat 2 jaar weg van my man af. Ek het na my ma toe getrek toe ons uitmekaar was. Die groot rede daarvoor was, dat my man met my beste vriendin 'n verhouding gehad het. Ons finansiele situasie was ook beroerd gewees want hy het besluit hy is moeg vir die eiendomsmark. Ek het gewerk, en het 'n redelike salaris verdien, en het voortgegaan na die beste van my vermoe. Om 'n lang storie kort te maak, het sake so vergerger dat hy my een aand na sy ouers geneem het en toe moes ek uitvind dat hy geweldig baie geld by hul geleen het. Ek was bitter ontsteld agv daarvan want ek was sy lewensmaat, tweedens het hy en Tilanie Clake, my vriendin 'n verhouding aangeknoop. Dit het die wind uit my seile gewaai, en ja, toe trek ek uit die huis na my ouers toe. Ons is jaar later geskei. My jongste dogter was toe nog op Varsity, en dit het 'n impak op haar lewe gemaak. Ons het alles probeer om haar deur varisty te kry, en sy is vandag 'n suksesvolle hardewerkende vrou. Maar na my egskeiding was ek 2 keer met vreeslike jaloerse, narsistiese mans betrokke. Dit was so erg dat dit my geestelik heeltemal laat knak het. Ek het 3 keer selfmoord probeer pleeg, en ja, dit het my 2 dogters seer gemaak. Ek het baie foute gemaak deur lelike goed kwyt te raak, wat ek regtig nie eens kan onthou nie. Maar mens kan net soveel keer jammer se. Toe verloor ek my werk na my laaste verhouding, en amper my woonstel. My dominee het my toe voorgestel aan 'n baie goeie man, maar my dogter was nie gelukkig gewees nie. Van daar het alles net nog erger geraak. Ek het regtig nie meer 'n huis of werk gehad nie, en my man het my opgetel en moes die afgelope 2 jaar baie geduld met my gehad het, want ek was emosioneel heeltemal onstabiel. My kinders het nie van sy kinders gehou nie, dus het ek hul weinig gesien. Ek is die afgelope 8 maande weer gesond, ek oefen, ek het 'n werk, maar my lewe is leeg sonder my kinders, veral my jongste. Sy het 3 maande gelede met my kontak gemaak, my jammer gese, en ons het saam kerk toe gegaan, en ons het goeie tye gehad, tot sowat 'n maand gelede. Ons was oppad kerk toe, sy het met my moeilikheid gesoek, en toe ek met haar praat toe probeer sy my wurg van agter. Dit was in die kar. My man het sy kar amper omgegooi. Vandaar is alles weer aan skerwe. Sy kinders het my en my kinders nog nooit aanvaar nie. Hul ma is oorlede. Wat nou.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberShrink
- 2019/08/22

Hello Christell,
What a sad story.  Sometimes it's important to make sure you learn lessons from what's gone wrong in the past,  and make life changes accordingly.  And seeing a personal counsellor can help this.  For whatever reason, you seem to have made bad choices in men ; unfortunately this happens surprisingly often, maybe because you feel attracted to some aspects of this type of man, though they usually come with other characteristics that lead to your misery. 
But you don't actually need ANY man in your life, if you respect your own resilience and abilities ; so you can afford to take your time, to really get to know someone who seems promising, to be sure you know enough to avoid later problems with them.
Similarly, children can be a mixed blessing. Some are a frequent joy and re-assurance in life ; some just move on with their own lives, and have less need for us and drift away ; some may have inherited some of the bad traits of your ex husband, and could cause similar problems.
Again, you don't HAVE to have contact with a child who causes you unhappiness ; you can try to part without bitterness,  wish her well,  and keep yourself with people who make you happy, or at least people who don't have you unhappy.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement