advertisement
Question
Posted by: Linda | 2018/11/28

More, ek ondervind die volgende simptome: naarheid, maagpyn, ongelooflike seer "heartburn", pyn veral onder my linkerbors maar dit strek soms na my regterbors. Winderigheid, diaree en moegheid.  Die pyn onder my linkerbors, sooibrand en diaree het so 3 maande terug begin maar het intussen 'n bietjie beter geraak. Dit is nou weer so twee weke dat dit baie erg is. Ek het verskeie teensuurmiddels probeer, maar die laaste paar dae werk niks meer nie, inteendeel wanneer ek dit sluk voel dit asof selfs dit my brand.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2018/11/29

Hi Linda
Dit is moontlik dat jy n maagseer/maagulkus het, of selfs n mantelvliesbreuk en dan gaan gewone teensuurmiddels nie help nie. Ek stel voor dat jy dalk maar dokter toe gaan vir n voorskrif van medikasie. Die dokter sal dit vir n tyd lank voorskryf en dan, indien dit nie help nie, kan jy verwys word vir verdere toetse. Groete en sterkte. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement