advertisement
Question
Posted by: KNOFFEL | 2015/02/04

Knoffel

More, ek het gelees dat knoffel baie goed is om die are skoon en oop te hou? Die probleem is egter die reuk van die knoffel. Wat sal u aanbeveel - sal knoffelpille dieselfde uitwerking op die are he. Waarvoor moet ek kyk sou ek die pille aankoop. Daar moet 'n sekere hoeveel van iets in die pil wees. Wat dink u van cholestrol Ease - sal u dit eerder aanbeveel of anders wat kan mens gebruik daarvoor. Dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageVitamin Expert
- 2015/02/06

Goeiedag,

Dit is korrek, knoffel is inderdaad baie voordelig vir gesonde bloedsirkulasie, dit kan help om cholesterol vlakke te verlaag en kan selfs help om bloeddruk te verlaag. Knoffel pille het beslis dieselfde uitwerking.  As u groot doelwit is om cholesterol te verlaag, is die Vital Cholesterol Ease beslis 'n produk wat ek kan aanbeveel, een van vele bestanddele wat cholesterol verlagende effekte het, is inderdaad knoffel.
Vital Odourless Garlic is 'n tweede opsie, in hierdie geval is dit suiwer knoffel waarvan meeste van die knoffel reuk verwyder is. Om dieselfde effektiwiteit te behou, is die produk se konsentrasie sterkter en dit is belangrik om die korrekte dosering te gebruik.
Ek hoop hierdie help.
Vriendelike groete,
Andrea du Plessis

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

1
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2016/11/09

Ek sukkel met suurkristalle onder my voete en dit brand. Kan ek knoffel gebruik daarvoor asook vir cholestrol

Reply to Anonymous

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement