advertisement
Question
Posted by: Gorden | 2018/01/15

Hartklep vervanging

My moeder is tans in GSH waar sy aanvankilik 'n prosedure sou ondergaan aan die are van die hart wat vernou het, die dokter dink nou egter dat 'n klep vervanging nodig is. Ons is bekommerd oor die groot operasie want sy is al 75 en sy is nie meer so sterk nie. Wat sal u raad aan ons wees.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2018/01/17

Hi Gorden

Ek stem saam dat 75 moontlik al the oud is vir n hart chirurgie. Daar is baie risiko's aan chirurgie, veral as die persoon al ouer is. Ek ken ongelukkig nie jou ma se mediese geskiedenis en haar fisieke toestand nie, so dit kan wees dat die dokters voel sy is sterk genoeg om die chirurgie te hanteer. Ek stel voor dat julle ook met haar praat en hoor hoe sy voel. Indien sy tans n baie slegte kwaliteit lewe ly as gevolg van haar hart, dan moet n mens oorweeg of die risiko dalk wel die moeite werd is. Julle moet maar net bewus wees dat chirurgie op so n hoe ouderdom nog meer van n risiko as gewoonlik is. Bygese, die dokters by GSH is baie goed en jy gaan nie sommer beter kry nie, so indien hulle voel dit kan werk, sal ek dit wel oorweeg, veral as haar kwaliteit van lewe nou in elk geval baie sleg is. Hierdie is n baie moeilike besluit. Baie sterkte vir jou ma en julle familie. 

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement