advertisement
Question
Posted by: | 2019/08/20

verskriklike seer pyn in en om my naaltjie.

Ek het die laaste 2 dae verskriklike seer pyn in en om my naatjie. as ek my vuis in my naaltjie druk voel dit bietjie beter. Ek is die laaste maand verskriklik naar en sukkel om te eet. dit voel of daar iets op my blaas druk en ek moet kort kort hardloop en dan het ek n steek pyn regs, aan die onderkant van my maag.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc
- 2019/08/22

Hi daar
Van die simptome laat n mens dink dat dit appendisitis kan wees (ontsteking van die blindederm). Indien die pyn erger raak, veral in die regter sy, moet jy asb dringend dokter toe gaan. Die pyn kan ook van hardlywigheid, inflammasie van die dikderm, blaasinfeksie of selfs die eierstokke (ovaria) afkomstig wees, en kan ook die simptome veroorsaak wat jy nou ervaar. Groete en ek hoop dat jy gou beter voel.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement