advertisement
Question
Posted by: | 2015/01/13

aanvullings

More, ek is 'n 53 jarige vrou en gebruik die volgende aanvullings, Solal vir vroue bo 50, Vitamin D3, Vital se hair & nails, Omega 3,6 & 9 en Vitamiene C. Ek drink ook af en toe 'n kalsuimaanvulling (bruistablet) - maar voel met rukke half naar as ek dit gedrink het. Wat kan u aanbeveel om ostiporiee te help voorkom. Moet ek ook 'n magnesuimaanvulling gebruik. Baie dankie

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageVitamin Expert
- 2015/01/20

Goeiedag,

Eerstens wil ek u gelukwens met die duidelike toewyding tot gesondheid, dit is beslis 'n baie goeie kombinasie van aanvullings wat u neem.
Dit is redelik algemeen vir mens om bietjie naar te voel as mens die aanvullings neem, onthou ons liggame is nie in die natuur gewoond aan so sterk dosering van nutriente op een slag nie. Die beste raad om te probeer om die naarheid te vermy is om aanvullings tesame met ontbyt te neem.
Osteoporose word veroorsaak / geaffekteer deur 'n kombinasie van faktore, soos:
genetika - as daar familie geskiedenis is 
sigaretrook - hou op rook indien u wel doen
kaffeien - probeer koffie en ander kaffeien drankies beperk tot 1 per dag
te veel sout - probeer sout inname beperk
te veel proteine - probeer om nie 'n dieet hoog in protein te volg nie

'n Kalsium aanvulling is beslis 'n goeie idee indien u 'n risiko het vir osteoporose, en noodsaaklik indien u verlaagde beendigtheid het. Dit is die beste plan om u beendigtheid te laat toets, ten minste weet mens dan of dit 'n werklike probleem is of nie.
Meeste goeie kalsium aanvullings bevat 'n kombinasie van kalsium en magnesium, so wanneer u weer inkopies doen, kyk uit vir 'n kalsium aanvulling wat ten minste magnesium en vitamien D ook bevat.
Ek hoop hierdie help.
Vriendelike groete,
Andrea du Plessis

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement