advertisement
Question
Posted by: Bekommerd | 2007/03/14

9 jarige en eltroxin

Doc my 9 jarige is n maand gelede met n onderaktiewe skildklier gediagnoseer.Tans gebruik sy eltroxin 0.5,n halwe pilletjie daagliks.
Sover werk dit goed,sy het nog geen gewig in die maand opgetel of verloor nie.
Maar wat my pla is dat sy nogsteeds baie hardlywig is,en die laaste week kla sy altyd van naarheid,en sy voel ook dat sy geen krag het nie.Veral in haar arms.
Terwyl sy dalk n broodjie eet voel dit of haar arm lam word en sy
haar brood gaan laat val,dan verskyf sy dit na die ander hand.
Dit gebeur omtrent elke dag,ten minste een keer.In albei arms en hande.
Kan daar n probleem wees,sy is baie aktief en speel graag op die springmat.Kan dit dalk haar mangels wees,sy kry gereeld mangelontsteking(mangels word vakansie uitgehaal)
Sy eet ook glad nie groente nie...
Ek is raadop.My Gp is wonderlik,maar ek het geen medies nie en al die kostes aan toetse roei my uit.Ek sou net graag die oorsaak vir eens en altyd wou he.Het doc enige raad?

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Liewe bekommerd
Ek dink regtig jou dogtertjie moet deur 'n kinderarts opgevolg word - vra jou dokter om jou na een by jou naaste akademiese hospitaal te verwys - die skildklier moet baie mooi opgevolg word want dit kan haar skoolwerk beinvloed. Ek dink nie dit het iets te doen met die mangels nie. Gee vir haar Lactulose stroop in die aand om te help vir die hardlywigheid. Sy gaan gereelde tiroiedfunksies nodig hê. Ek weet mens is huiwerig om staatshospitale toe te gaan maar as jy verby die ongerief en primitiwiteit kyk is daar uitstekende dokters wat regtig akademies die regte ding gaan doen vir jou kind. Sterkte en laat weet my of jy reg kom?
Lees http://www.ehealthmd.com/library/hypothyroidismchildren/HYC_whatis.html

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement