advertisement
Question
Posted by: Jo | 2007/08/07

9 jarige dogter oorgewig

Weet u wat die gewig moet wees vir 'n 9 jarige dogter. My dogter weeg nou 50kg. Sy is baie sportief. Speel hokkie en netbal (3 keer per week - uur elk), ry fiets en doen atletiek (in die somer), maar bly steeds oorgewig. Sy het 'n groot beenstruktuur en breë bors en rug. Die meeste van haar vet sit om haar maag en bors. Sy eet daagliks gesond (pak haar kosblik in volgens WLess, asook aandetes). Sy is egter in 'n nasorg waar sy middae hul kos eet. Wat moet ek doen sodat sy die oortollige gewig kan verloor. Moet ek haar neem na 'n dieetkundige of moet ek haar aktiwiteite per dag nog meer maak? Ek wil haar nie te veel attend daarop maak dat sy oorgewig is nie - maar wil tog hê dat sy teen Des. al die oortollige gewig afgeskud het sodat sy nie skaam hoef te wees op die strand en swembad nie. Dankie vir u hulp.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Jo
Die gemiddelde gewig vir kinders van 9 jaar is ongeveer 26 kg met 'n gemiddelde lengte van ongeveer 1.27 m. Dus sal ek saamstem dat jou dogter oorgewig is. Dit is essensieel om 'n dieetkundige te spreek (besoek die Webwerf van die Assosiasie vir Dieetkunde in SA by: www.dietetics.co.za en kliek op "Private Practising" om 'n dieetkundige in julle gebied te vind), so dat sy/hy vir jou dogter 'n verslankingsdieet kan uitwerk wat steeds normale groei sal bevorder. Die dieetkundige sal julle ook raad gee oor wat sy moet doen oor die etes by die naskoolsentrum en m.b.t. versnaperings. Daarbenewens is daaglikse fisiese aktiwiteit baie belangrik en help dit om kinders te laat gewig verloor, maar soos jy berig doen jou dogter alreeds baie oefening. Miskien kan jy haar aanmoedig om op die dae wanneer sy nie hokkie of netbal speel nie, ook iets aktiefs doen soos aansluit by 'n gimnasium of fietsry of gaan stap of draf (as dit veilig is), andersins is touspring steeds een van die beste aërobiese oefeninge wat enigiemand kan doen in die veiligheid van haar eie huis.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement