advertisement
Question
Posted by: Help | 2007/07/25

5 dae geraas in my kop, elke maand

Die eerste paar keer het dit geklink of daar vloeistof in my nek beweeg maar die laaste 4 maande klink dit asof daar 'n GRRRRR geluid uit my nek uit in my kop in gaan en dan kry ek vreeslike hoofpyne saam met dit wat rond beweeg soms agter in my kop en dan weer 'n kloppende hoofpyn bokant my oë en in my slape, geen hoofpyn pille help daarvoor nie. Na 3-5 dae gaan dit self weg maar net vir 2-3 weke. Help my asb dit voel of ek gaan mal word met dir geluid in my kop.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageHeadache expert

Beste Help,

Pille is definitief nie die antwoord nie, want as hulle help, is dit net wanneer die pyn al klaar daar is. En in die geval van hoofpyn, veroorsaak die pynpille n toestand met die naam “terugslag hoofpyn”, waar die pille self die hoofpyn erger maak. Dit gebeur dikwels as die pynpille op n gereelde basis gebruik is.

Dit is belangrik dat u eers n mediese ondersoek laat doen, insluitend n neurologiese ondersoek, om seker te maak dat daar nie n ernstige oorsaak is vir die pyn. Gelukkig, in die groot meerderheid hoofpynleiers is dit nie die geval nie. As daar vasgestel is dat daar nie n ernstige problem is nie, dan is dit nodig om te diagnoseer waarvandaan kom die pyn. Om dit te doen is die beste benadering n “multidisiplinere” een. Daar is so veel verskillende strukture in die kop, dat nie een tiepe dokter al die kennis het – n oogaarts sal net na die oe kyk, n tandaarts na die tande, ens. Daarom is dit nodig om die kennis te gebruik van verskeie dokters, en sodoende al die bydraende faktore te identifiseer.

Hoofpynlyers het dikwels ‘n slegte Lewenskwaliteit, as gevolg van die konstante pyn en verwante simptome. Vir ‘n gratis evaluasie van U Lewenskwaliteit, gaan na http://www.headacheclinic.co.za/

Die inligting is verskaf deur die multidisiplinere span van The Headache Clinic in samewerking met The International Headache Society en die Suid Afrikaanse Institut vir Hoofpyn en Migraine. Om die spesialiste te raadpleeg, bel asseblief 0861 678 911 (Johannesburg, Kaapstad, Durban).


The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement