advertisement
Question
Posted by: Tap tdnol | 2004/11/12

3 jarige seun wat nie wil eet nie

My seuntjie van 3 wil nie kos eet nie.Partykeer gaan hy deur fases waar hy net bv. ontbytpap wil eet oggend, middag en aand. Dan wil hy net weer jogurt eet en deesdae wil hy net "simba chips" eet.Hy wil nooit saam met die res van die gesin by die eetkamertafel sit en eet nie.Die juffrou by die kleuterskool sê hy eet goed by die skool, maar as hy by die huis is wil hy niks weet nie.Wat kan ek doen om te kry om "regte kos" te eet en nie kos wat in my opinie wind is nie.

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageDietDoc

Beste Tap
Sulke eetgiere is ongelukkig volop in klein kinders. Die feit dat jou seun goed eet by die skool en giere het by die huis, dui aan dat daar iets in die huishoudelike opset is wat hy nie van hou nie. 'n Klein kind kan nie maklik vir groot mense verduidelik wat hom emosioneel pla nie, en sal dus dikwels uiting aan sy emosies gee deur weiering van kos of eet-giere. Ek wil voorstel dat jy hom na 'n sielkundige neem wat in jong kinders spesialiseer sodat hy/sy kan uitvind hoekom hy so reageer en hom help om hierdie probleem te bowe te kom. Andersins mag hy vir die res van sy lewe altyd emosionele probleme met kos probeer reg stel. In tussen kan jy die artikels oor Kleuters en hulle dieet lees op hierdie Webwerf. Kliek op 'Child; bo aan hierdie bladsy en dan op 'Nutrition' en lees oor 'Toddlers from 1-3 years'.
Sterkte
DietDoc

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

3
Our users say:
Posted by: Anonymous | 2013/08/14

Ek sit met n jaar en agt maande baba. Sy wil glad nie eet nie. Sy wil nie eers rooibos tee drink nie, ons het probeer om haar te speen van die 'dummy' maar sy kan nie op hou. Sy drink net juice en water sonder om kos te eet. Sy sal honger slaap in di nag. X raad op help asb.

Reply to Anonymous
Posted by: Anonymous | 2013/08/14

Ek sit met n jaar en agt maande baba. Sy wil glad nie eet nie. Sy wil nie eers rooibos tee drink nie, ons het probeer om haar te speen van die 'dummy' maar sy kan nie op hou. Sy drink net juice en water sonder om kos te eet. Sy sal honger slaap in di nag. X raad op help asb.

Reply to Anonymous
Posted by: moedeloos | 2013/06/30

My kind wil absoluut niks eet nie. Selfs nie eers dit wat hy gewoonlik eet nie. Oggend niks, middag en sy aandkos. Wat moet ek doen, moedeloos

Reply to moedeloos

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement