advertisement
Question
Posted by: Nadia | 2007/03/22

2 vragies

Goeie more dok, ek het gou 2 vragies.
1. Ek sukkel verskriklik met 'n probleem kopvel, dis nie skilfers nie soms as ek krap dan is dit stukke wat loskom, dan raak dit weer gesond maar dan uit verveeldheid sal ek weer begin krap. Soms bloei dit ook, My hare is skouer lengte en ek kleur dit. Moet asb nie vir my sê ek moet ophou kleur nie, want ek kan nie. Is daar dalk 'n room op die mark wat ek kan gebruik?
2. my 11mde oue seuntjie sukkel met sinus, my pead het gesê ek kan Zyrtec onophoudend gebruik, so het ek vi lank nie zyrtec gebruik nie want on medies was laas jaar uitgeput toe sê my gp ons kan adco flupain gebruik. So het ek nou en dan adco flupain gebruik maar gister toe ek zyrtec wou kry by apteek toe vra die apteker vir my of ek dit al vantevore gehad het want jy mag dit eers gee van 2jr af. Maar my pead het gesê ek kan. En syt die generiese een vir my gegee ALLECET kan ek voortgaan om dit te gebruik? Dankie vir u tyd

Not what you were looking for? Try searching again, or ask your own question
Our expert says:
Expert ImageCyberDoc

Hallo Nadia
Jy kan Betnovate scalp application gebruik maar laat jou dokter eers kyk - jy het dalk psoriase van die kopvel.
Sekere medikasie is net geregistreer van sekere ouderdomme af omdat daar nog nie kliniese toetse daarop gedoen is in kleiner kinders nie. Dokters skryf soms medikasie "buite registrasie" voor as hulle baie ervaring daarmee het en weet dat daar gewoonlik nie probleme daarmee is nie. Histamed/Chlortrimeton is egter veilig vir babas onder 'n jaar - 1mg (2,5 ml) twee keer per dag.

The information provided does not constitute a diagnosis of your condition. You should consult a medical practitioner or other appropriate health care professional for a physical exmanication, diagnosis and formal advice. Health24 and the expert accept no responsibility or liability for any damage or personal harm you may suffer resulting from making use of this content.

Have your say

Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
Thanks for commenting! Your comment will appear on the site shortly.
advertisement